Juig, hemelse magte!
Sing, engelkore!
Juig, ganse skepping rondom die troon van God!
Jesus Christus, ons Koning, het opgestaan!

Juig, o aarde! Christus het oorwin!
Die duisternis verdwyn vir ewig!

Juig, o kerk van die Here Jesus!
Juig, want die verrese Verlosser het opgestaan uit die dood!

Ons wil U loof, almagtige Vader, saam met u enigste Seun, onse Here Jesus Christus.
Want U, Here Jesus, het ons met u bloed vrygekoop en vir ons die prys vir ons sonde aan die betaal.
Dit is ons Paasfees waarin Christus, die ware Lam, geslag is vir ons.
Dit is op hierdie nuwe dag dat Jesus Christus die kettings van die dood verbreek het
en seëvierend uit die graf opgestaan het.

Vader, hoe wonderlik is u sorg vir ons!
Hoe oneindig u genadige liefde!
Om ons vry te koop het U u Seun tot in die dood oorgegee.

Ons prys U, Here Jesus,
omdat u opstandingskrag alle onheil verban,
ons skuld weg was,
ons verlore onskuld herstel,
en vreugde bring aan treurendes.
U opstandingskrag verban haat en bring vrede in ons harte.

Ons prys U vir daardie wonderlike Paasfeesdag
toe die hemel met die aarde verbind is en die mens met God versoen is.

En nou bid ons, Drieënige God, Vader, Seun en Heilige Gees:
Mag die Here Jesus Christus, die Môrester wat uit die dode opgestaan het
en sy lig van vrede oor die ganse mensdom laat skyn het, leef en regeer tot in alle ewigheid.

Amen.

image_pdfimage_print

Visits: 6

Volg en laaik my asb:
onpost_follow
fb-share-icon20
Tweet20
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.