Here God, ons hemelse Vader, ons bid:

  • Vir hulle wat vanjaar die trotse pa geword het van hul eerste kind – ons vier dit saam met hulle.
  • Vir hulle wat vanjaar ‘n kind verloor het – ons rou saam met hulle.
  • Vir hulle wat in die loopgrawe met klein kindertjies is, met vlekke op hul klere en sakkies onder hul oë – ons waardeer hulle.
  • Vir hulle wat verliese beleef het deur miskrame, mislukte aannemings of kinders wat weggeloop het – ons treur saam met hulle.
  • Vir hulle wat die moeilike pad loop van infertiliteit, deur al die toetse, prosedures, moeilike besluite, hoop en teleurstelling – ons loop saam met hulle. Vergewe ons as ons dwase opmerkings maak wat hulle pad nog moeiliker maak as wat dit reeds is.
  • Vir hulle wat pleegouers, mentor-ouers, oupas op kinderdiens is, ons het hulle broodnodig.
  • Vir hulle wat hul kinders omvou met liefde en sorg – ons sê dankie vir hulle.
  • Vir hulle wat teleurstelling, hartseer en verwerping van hul kinders beleef – ons dra hulle aan U op.
  • Vir hulle wat vanjaar hulle pa verloor het – ons rou saam met hulle.
  • Vir hulle wat mishandel is deur hul vader – ons bid vir herstel en genesing.
  • Vir hulle wie se kinders nou uit die huis is – ons is dankbaar vir hulle en slaan ons arms om hulle.
  • Vir hulle wat enkel is en graag ’n ouer sou wou wees – mag daar onverwagse vreugdes in hulle lewe na vore kom.
  • Vir hulle wat stiefouers is – help hulle om daardie komplekse verhoudings na die beste van hul vermoë te hanteer.
  • Vir hulle wie se droom van kleinkinders nooit bewaarheid is nie, of wie se kinders en kleinkinders oorsee bly – sal U hulle troos.
  • Vir hulle wat hul kinders laat plaas vir aanneming – ons eer hulle selfloosheid en onthou dat hulle daardie kind in hulle hart vashou.
  • En vir hulle wat ’n nuwe toevoeging tot hulle gesin afwag – ons staan in afwagting saam met hulle.

Op hierdie Vadersdag bid ons vir hulle almal. Ons onthou hulle almal en ons eer hulle. Ons deel in hulle vreugdes en hulle pyn.
Here God, U wat ons ware Vader is, wees by ons almal.
Amen

 

(oorsprong onbekend)

image_pdfimage_print

Views: 89

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.