Ons dank U, Jesus Christus, dat U by ons is, al die dae van ons lewe.

Dankie dat U by ons is

  • as ons bly is, om saam met ons te juig
  • as ons vrolik is, om saam met ons te lag
  • as ons hartseer is, om saam met ons te ween
  • as ons gespanne is, om die senuwees te kalmeer
  • as ons raadop is, om die regte pad te wys
  • as ons in versoekings kom, om ons te help stry teen die duiwel en sy liste
  • as ons eensaam is, om ons te laat verstaan ons is nie alleen nie
  • as ons ontredderd is, dat ons kan weet daar is Iemand wat verstaan
  • as ons moeg is, om nuwe krag te gee
  • as ons in ons sondenood vasgevang is, om ons van sonde te verlos.

Dankie dat U vir ons geword het: Immanuel, God by ons.

Amen.

image_pdfimage_print

Views: 30

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.