God, ons dank U vir ’n nuwe jaar.
Mag elke lid van ons gesin bereid wees om nuut te begin,
met ’n skoon lei.
Ons weet dat U altyd gewillig is om ons te vergewe.
Help ons om bereid te wees om onsself te vergewe,
en ook ander te vergewe.

Herinner ons hier aan die begin van die nuwe jaar
aan ons hoogste waardes en diepste begeertes.
Help ons om te lewe in die goedheid
wat spruit uit die doen van wat U van ons verlang.
Help ons om ons angstigheid
oor die toekoms en die verlede opsy te skuif,
sodat ons in vrede met U kan lewe,
nou, een dag op ’n slag.

image_pdfimage_print

Views: 62

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.