vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England
Ons eer U, Here God van ons verlossing,
aan U kom die lof en die heerlikheid toe, vir ewig.
As ’n man van smarte en bekend met lyding
is u eniggebore Seun verhoog
sodat Hy die hele wêreld na Homself kan trek.
Help ons op hierdie dag om Hom op sy kruisweg te volg
en altyd gereed te wees om saam te dra aan sy las,
terwyl ons u liefde aan die hele wêreld verkondig.
Ons eer U, Vader, Seun en Heilige Gees.
Views: 46