Die brief aan die Kolossense
Hierdie brief het baie ooreenkomste met Paulus se brief aan die Efesiërs, wat die vermoede laat ontstaan dat Paulus dit in dieselfde tyd as sy brief aan Efese geskryf het, moontlik vanuit Rome, waar hy in huisarres was, of dalk uit Sesearea, waar hy lank gevange gehou is.
Paulus het nie self die gemeente in Kolosse gestig nie, maar hy het deur Epafras van hulle gehoor. Die gemeente is aan dwaalleer blootgestel, en hy skryf om dié valse leringe te weerlê en hulle te bemoedig in hulle geloof.

1 Korintiërs, hoofstuk vir hoofstuk
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 16
Elke Sondag moet elkeen van julle na sy vermoë tuis iets opsy sit en dit opspaar, sodat die geldinsameling nie eers plaasvind as ek kom nie. (vers 2) Geld was nog altyd vir party mense ’n versoeking. Daarom skryf Paulus elders dat geldgierigheid die wortel van alle...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 15
Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte. (vers 3-4) Die evangelie oor Jesus Christus vorm die hart van...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 14
... beywer julle om te profeteer en moenie die gebruik van ongewone tale of klanke verhinder nie. (vers 39) Spreek in tale was in Korinte baie populêr. Paulus sê dat hyself meer in tale praat as hulle almal (vers 18). Hy is egter baie versigtig as hy oor dié gawe...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 13
Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ’n stuk klinkende metaal, ’n galmende simbaal geword. (vers 1) In die Grieks van die Nuwe Testament-era was daar verskillende woorde vir liefde. In Afrikaans omvat die woorde “liefde”...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 12
Aan elkeen afsonderlik word ’n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal. (vers 7) In die Korinte-gemeente was daar mense wat gespog het oor die gawes wat hulle ontvang het, en neergesien op dié wat dit nié ontvang het nie. Veral die gawe om ongewone tale of...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 11
Ons het in die erediens nie ’n ander gewoonte nie, en die ander gemeentes van God ook nie. (vers 16) Paulus praat in hierdie hoofstuk oor die probleme wat daar in Korinte se eredienste opgeduik het. Hy begin deur te verwys na die feit dat die vroue in die gemeente...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 10
Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. (vers 12) Die suigkrag van die sonde is baie sterker as wat jy dink. Wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie. Kyk wat het met Israel daar in die woestyn gebeur, en dit nadat hulle deur die...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 9
Hoewel ek vry is en van niemand afhanklik nie, het ek my aan almal diensbaar gestel om soveel mense as moontlik vir Christus te wen. (vers 19) Paulus staaf in hoofstuk 9 sy stelling in 8:13 dat hy nooit weer vleis sal eet as dit iemand sal laat struikel nie. Dit is...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 8
Maar pas op dat hierdie vryheid van julle nie vir dié wat swak is, ’n aanleiding tot sonde word nie. (vers 9) In Korinte kon jy nie vleis in die slaghuis koop wat nie deur ’n priester aan een of ander god geoffer is nie. Vir baie gelowiges was dit nie ’n probleem nie,...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 7
... elkeen moet God dien in die omstandighede waarin hy was toe God hom geroep het. (vers 24) Jou plek in die lewe nie hoef te verander as jy ’n gelowige word nie, sê Paulus. Moenie op jou man neersien of skei omdat jy nou glo en hy nie. Moenie jou gesin of jou...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 6
Of besef julle nie dat julle liggaam ’n tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees, wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik....
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 5
Moes julle nie liewer daaroor getreur het nie? (vers 2) Ons ken almal kerklidmate wat nie meer meeleef met die gemeente nie. Iemand wat nie meer kerk toe kom nie, of dalk ’n buite-egtelike verhouding het, of sy/haar werknemers sleg behandel. Of dalk met ’n skerp tong...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 4
Julle het mos klaar alles wat julle begeer! Julle is al klaar ryk! Julle regeer al klaar soos konings! Ons nog nie. As julle tog maar werklik konings was, sodat ons saam met julle kon regeer. (vers 8) Ons kom in hierdie hoofstuk by die kern van die probleem in Korinte...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 3
Weet julle nie dat julle die tempel van God is en dat die Gees van God in julle woon nie? (vers 16) Ons elkeen as gelowige is ’n tempel van die Heilige Gees. So sê Paulus in 1 Kor 6:19. In hoofstuk 3 gaan dit egter nie oor indiwiduele gelowiges as tempel nie, maar oor...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 2
Ek het my voorgeneem om met julle oor niks anders te praat nie as oor Jesus as die Christus, en wel oor Hom as die gekruisigde. (vers 2) Paulus sê al waaroor hy praat, is oor Christus, en Hom as gekruisigde. Christus is God se woord aan ons, God se openbaring, sy...
Hoofstuk van die dag: 1 Korintiërs 1
Ek dank my God altyd oor julle vir die genade wat Hy in Christus Jesus aan julle geskenk het, want in Hom het God julle in alles ryklik geseën, veral in die gawes van woord en kennis. (vers 4-5) Paulus het ’n baie spesiale band met die gemeente in Korinte gehad. Hy...
Hits: 0