Amos
Amos was ‘n gewone boer uit Juda wat die roeping ontvang het om die Here se oordeel oor Israel aan te kondig. Hy spreek veral ‘n skerp oordeel uit teen die afgodsdiens in Israel en sosiale ongeregtigheid.

Amos, hoofstuk vir hoofstuk
Hoofstuk van die dag: Amos 9
Ek, die Here God, hou die sondige koninkryk dop, Ek gaan hom wegvee van die aarde af! Maar tog, Ek sal nie die nageslag van Jakob heeltemal uitroei nie, sê die Here. (vers 8) Die oordeelsaankondigings in die boek Amos is uiters ontstellend. Dit het gekom in ’n tyd van...
Hoofstuk van die dag: Amos 8
Maar daar kom dae, sê die Here my God, dat Ek ’n honger oor die aarde laat kom: ’n honger nie na kos nie, ’n dors nie na water nie, maar om die woorde van die Here te hoor. (vers 11) In Deut 8:3 staan dat ’n mens nie net van brood leef nie. Dis die Skrifgedeelte wat...
Hoofstuk van die dag: Amos 7
Die Here het toe van sy voorneme afgesien, Hy het gesê: Dit sal nie gebeur nie. (vers 3, vgl vers 6) Blykbaar het Amos die eerste twee visioene (die sprinkane en die vuur) gesien voordat hy in Israel begin optree het. Sy gebed dat God sal vergewe (vers 2 en 5) is dan...
Hoofstuk van die dag: Amos 6
Die Here my God het ’n eed afgelê by Homself, die Here die almagtige God sê: Ek verafsku die hooghartigheid van Jakob, Ek het ’n weersin in sy mooi huise! (vers 8) Die toneel wat Amos vir ons skets oor die rykes wat in weelde leef, salig onbewus (vers 1) van die...
Hoofstuk van die dag: Amos 5
Gee pad voor My met die rumoer van jou gesing; Ek wil nie jou harpmusiek hoor nie! Maar laat die reg en die geregtigheid te voorskyn kom, laat dit aanrol soos watergolwe, soos ’n standhoudende stroom. (vers 23-24) Jy het waarskynlik gehoor van die Indiese leier Ghandi...
Hoofstuk van die dag: Amos 4
So hou julle mos daarvan, Israeliete, sê die Here my God. (vers 5b) Die Here se woorde by monde van Amos in vers 4-5 herinner sterk aan die Here Jesus se gelykenis van die tollenaar en die sondaar (Luk 18:9-14). In die gelykenis spog die Fariseër in sy gebed oor sy...
Hoofstuk van die dag: Amos 3
Net julle, uit al die geslagte van die aarde, het Ek geken; daarom gaan Ek van julle rekenskap eis oor al julle sondeskuld. (vers 2, 2020-vertaling) Die 1983-vertaling vertaal in vers 2 die woord “geken” met “uitgekies”. Ons kan ook vertaal “intiem geken” of...
Hoofstuk van die dag: Amos 2
So sê die Here: Selfs as Israel net drie keer sonde gedoen het, sou Ek sy straf nie herroep het nie. Maar nou het hy nog sondes daarby gevoeg: (vers 6) Die boek begin met sewe uitsprake van die Here teen Israel se vyande (1:3-2:5), en elke uitspraak word ingelei met...
Hoofstuk van die dag: Amos 1
Die woorde van Amos, een van die herders uit Tekoa – woorde wat aan hom geopenbaar is oor Israel. (vers 1, 2020-vertaling) Ons weet niks van Amos buiten wat in dié boek staan nie: hy was van Juda; ’n veeboer (vers 1) uit Tekoa, ’n dorp sowat 15 km suid van Jerusalem....
Hoofstuk van die dag: Amos (Inleiding)
Kyk na hierdie insiggewende video-opsomming van die boek Amos: https://www.youtube.com/watch?v=mGgWaPGpGz4
Views: 156