SAUL MAGTELOOS TEEN FILISTYNE

SAUL MAGTELOOS TEEN FILISTYNE

Van ons Ou Testament redaksie GIBEA. – Koning Saul moes die afgelope tyd magteloos toekyk hoe roofbendes van die Filistyne die land plunder. Dié haglike situasie volg maar enkele maande ná die klinkende oorwinning wat die nuwe koning by Jabes oor die Ammoniete behaal...
Seun red Israel se eer

Seun red Israel se eer

Van ons Ou Testament redaksie SOKO (JUDA). – ’n Jong man met die naam Dawid, seun van Isai, het vandag hier die eer van die ganse volk gered toe hy die Filistynse baasvegter, Goliat, in ‘n tweegeveg verslaan het. Toe die Filistyne sien hulle held is dood, het...
Abram en Lot se paaie skei

Abram en Lot se paaie skei

Van ons Ou Testament redaksie BET-EL. – Die bekende grootboer Abram en sy broerskind Lot se paaie het vandeesweek hier geskei. Die twee het sedert hulle hulle etlike jare gelede uit Mesopotamië in Kanaän tuisgemaak het, bymekaar gebly, maar daar het in die laaste tyd...
Sakeman uit Egipte geskop

Sakeman uit Egipte geskop

Van ons Ou Testament redaksie MEMPHIS. – ’n Skatryk Semitiese donkiehandelaar, Abram seun van Tera, is gister met vrou en besittings en al gedeporteer. Die uitsettingsbevel is deur die farao self uitgereik nadat daar ’n ernstige vertrouensbreuk tussen Abram en die...
BEKENDE GESIN VERTREK

BEKENDE GESIN VERTREK

Van ous Ou Testament redaksie UR. – Die stad het vanoggend vroeg hier afskeid geneem van Tera seun van Nahor en sy hele familie, wat sak en pak vertrek het na Kanaän. Die gesin was ’n tyd gelede ook in die nuus vanweë een van die seuns, Abram, se aanspraak dat hy die...
image_pdfimage_print
Volg my

Kry kennisgewings