Pinkster 2021: Die sesde bede van die Ons Vader

Versoeking is ’n realiteit waaraan ons nie ontkom nie. Selfs die heiligste onder ons kom in versoeking. Ek wil amper sê: hoe heiliger jy leef, hoe hewiger word die versoeking. Hoe meer jy uit die genade leef, hoe meer word jy versoek om nie uit die genade te leef nie. Hoe ernstiger jy bid om die vergifnis van jou oortredinge, hoe ernstiger moet jy bid om bewaring in die versoekings

Pinkster 2021: Vierde bede van die Ons Vader

In die eerste drie bedes van die Ons Vader het ons by groot en heerlike dinge stilgestaan: die Naam, die ryk en die wil van God. Ons het daarmee onsself op God en sy sake gerig, en dit is ook soos dit behoort te wees: in die gebed gaan dit allereers om God. Ons het in...

Pinkster 2021: Derde bede van die Ons Vader

Die derde bede van die Ons Vader, die gebed om die wil van God, word gebid teen die tragiese agtergrond van die wêreld waarin ons lewe. Want in hierdie wêreld geskied die wil van God nou maar eenmaal nié orals en altyd nie. ’n Mens kan tog nooit die opstande en geweld...

Pinkster 2021: Tweede bede van die Ons Vader

Op die oog af lyk dit asof ons in hierdie bede met ’n teenstrydigheid te doen het: ons bid hier dat God se koninkryk moet kom, en dit terwyl ’n mens met reg kan vra: Maar is daar ’n plek in die ganse groot heelal waar God se koninkryk, dws, waar die Koning van die...

Pinkster 2021: Eerste bede van die Ons Vader

Miskien met ek net heel aan die begin sê dat God se Naam niks anders is nie as Hyself. Wanneer sy Naam geheilig word, kry Hy die eer wat Hom toekom. Die Heidelbergse Kategismus vr 122 verduidelik hierdie bede só: “Gee allereers dat ons U reg ken en dat ons U heilig,...
image_pdfimage_print
Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.