Die boek Ester

Die boek vertel die verhaal van koningin Ester, ‘n Joodse balling in die Persiese hoofstad Susan, wat saam met haar oom Mordegai gewerk het om die Jode van gewisse uitwissing te red. 

Die fees waarop die Jode elke jaar hierdie gebeurtenis herdenk, is die Purimfees, en op dié fees word die boek elke jaar gelees.

Hoewel God nêrens in die boek genoem word nie, wemel elke bladsy van sy teenwoordigheid en sorg.

Die boek Ester, hoofstuk vir hoofstuk

Hoofstuk van die dag: Ester 9 en 10

Hulle moes dit dae van feesviering en vreugde maak en aan mekaar eetgoed en aan die armes geskenke stuur. (Ester 9:22) Die Purimfees word tot vandag nog deur Jode gevier, en is die vrolikste en luidrugtigste van die Joodse feeste. Tradisioneel word die boek Ester...

read more

Hoofstuk van die dag: Ester 8

Vir die Jode was daar weer lig en vreugde en blydskap en ’n gevoel van eiewaarde. (vers 16) Die ommekeer in die Jode se lot was ongelooflik. Van verguisde volk tot die uitverkorenes wat die reg gekry het om hulleself teenoor hulle vyande te handhaaf (vers 11).Die...

read more

Hoofstuk van die dag: Ester 7

Hulle het Haman toe opgehang aan die galg wat hy vir Mordegai laat bou het. (vers 10) Die uitkoms van die tweede banket lyk vir ons heel voorspelbaar. Haman het sy hand oorspeel, en nou moet hy boet. Maar as ’n mens na hoofstuk 1 terugblaai en sien hoe wispelturig die...

read more

Hoofstuk van die dag: Ester 5

... as die koning my goedgesind is, en as die koning dit goedvind om aan my wens te voldoen en my versoek toe te staan, kom dan môre saam met Haman na die maaltyd toe wat ek vir u sal berei. Dán sal ek my wens aan die koning bekend maak. (vers 8) ’n Mens sou seker kon...

read more

Hoofstuk van die dag: Ester 4

Wie weet, miskien is dit juis met die oog op ’n tyd soos hierdie dat jy koningin geword het! (vers 14) Mordegai se vraag aan Ester is een wat ons vir onsself ook van tyd tot tyd moet vra: Hoekom is ek juis op hierdie tydstip in hierdie posisie? Want, hoewel Mordegai...

read more

Hoofstuk van die dag: Ester 3

Mordegai het egter nie gekniel en aan hom eer bewys nie. (vers 2) Om te verstaan wat tussen Mordegai en Haman gebeur, moet ’n mens terugblaai in die geskiedenis. Haman was ’n Agagiet (vers 1). Hy was dus ’n nakomeling van die Amalekitiese koning Agag. Die Amalekiete...

read more

Hoofstuk van die dag: Ester 2

Dié meisie was mooi, sy was baie mooi. (vers 7) Die Bybel sê Ester was baie mooi. Maar dis nie al wat die Bybel vir ons van haar vertel nie. Ester was nie net mooi van buite nie. Sy was veral ook mooi van binne. Ons lees sy het ’n goeie indruk gemaak op almal wat haar...

read more

Hoofstuk van die dag: Ester 1

Koningin Vasti het egter geweier om te kom soos die koning haar deur sy paleisbeamptes beveel het. (vers 12) ’n Mens kan hierdie hoofstuk betitel: “Wie is baas in die huis?” Want dit is waaroor dit hier gaan: die uitoefening van mag. Ahasveros beveel sy vrou om “met...

read more