Jaco se Bybelkoerant https://bybelkoerant.co.za Die ou-ou tyding in 'n nuwe baadjie Wed, 21 Oct 2020 20:16:49 +0000 af-ZA hourly 1 https://wordpress.org/?v=5.5.1 https://i2.wp.com/bybelkoerant.co.za/wp-content/uploads/2020/01/cropped-boekrol2-1.png?fit=32%2C32&ssl=1 Jaco se Bybelkoerant https://bybelkoerant.co.za 32 32 146881118 Hoofstuk van die dag: Openbaring 18 https://bybelkoerant.co.za/2020/10/22/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-18/ https://bybelkoerant.co.za/2020/10/22/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-18/#respond Thu, 22 Oct 2020 04:00:00 +0000 https://bybelkoerant.co.za/?p=4857 Toe het ’n sterk engel ’n groot klip, so groot soos ’n meulsteen, gevat en dit in die see gegooi en gesê: “So, met geweld, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word, en niemand sal hom ooit weer kry nie.” (vers 21) Johannes teken in Op 18 die finale en algehele ineenstorting van die antichristelike…

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 18 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>

Toe het ’n sterk engel ’n groot klip, so groot soos ’n meulsteen, gevat en dit in die see gegooi en gesê: “So, met geweld, sal Babilon, die groot stad, neergegooi word, en niemand sal hom ooit weer kry nie.” (vers 21)

Johannes teken in Op 18 die finale en algehele ineenstorting van die antichristelike wêreldorde wat ’n wet in sigself is en leef asof daar nie ’n hoër gesag is nie. Dit is ’n wêreldorde wat in opstand gekom het teen God en sy bedoeling met die geskiedenis.

Die val van Babilon is simbolies van die vernietiging van die goddelose magte wat gedreig het om die gelowiges te oorweldig. Die boodskap aan die gelowiges is dat ons nie met sonde mag heul nie, anders kan dieselfde oordeel ons ook tref (vers 4).

Dit gaan nie oor persoonlike vergelding vir die gelowiges nie, maar oor die eer van God wat finaal seëvier. Daarom kan gelowiges saam met die hemel juig (vers 20).

Dit wat ons in die wêreld beleef en die maghebbers wat die septer swaai, kan in ’n oogwink tot ’n val kom. God alleen beskik oor alle mag. Wanneer Hy ingryp, word die rolle omgekeer. Daarom leef ons met hoop.

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 18 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
https://bybelkoerant.co.za/2020/10/22/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-18/feed/ 0 4857
Legkaart-bou https://bybelkoerant.co.za/2020/10/22/legkaart-bou/ https://bybelkoerant.co.za/2020/10/22/legkaart-bou/#respond Thu, 22 Oct 2020 02:00:00 +0000 https://bybelkoerant.co.za/?p=4863 Ek dink God het legkaarte uitgevind. Ons het die vakansie ’n legkaart gebou van een of ander Renoir-skildery van ’n boot-party: ’n regte monster. Die 1500 stukke het my nie afgesit nie; die skildery wel. Die kleure is hoofsaaklik sagte skakerings van bruin en geel. Ons bou altyd heel eerste die raam, sodat jy darem…

The post Legkaart-bou appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
Ek dink God het legkaarte uitgevind.

Ons het die vakansie ’n legkaart gebou van een of ander Renoir-skildery van ’n boot-party: ’n regte monster. Die 1500 stukke het my nie afgesit nie; die skildery wel. Die kleure is hoofsaaklik sagte skakerings van bruin en geel.

Ons bou altyd heel eerste die raam, sodat jy darem ’n raamwerk het om in te werk. Dan begin die moeisame taak om die binneste dele te bou; eers die makliker dele soos die gesigte en die borde op die tafel, dan die moeiliker dele soos die tafeldoek en die agtergrond, waar die prent op die legkaart-doos jou nie veel help nie, want al die stukkies lyk min of meer dieselfde.

As ’n mens met die legkaart begin, is daar stukkies wat jy redelik maklik kan eien, en jy weet dan waar om dit te plaas. Van die meeste stukkies kan jy nie kop of stert uitmaak nie, en jy moet hulle maar eers eenkant hou. Daar is stukkies wat so vreemd lyk dat jy wonder of hulle ooit deel uitmaak van die legkaart, en of hulle nie dalk by ’n ander legkaart hoort nie. Dan is daar weer stukkies wat jy seker is móét net pas, en hulle pas nie. Dan wil jy maak soos my sussie gemaak het toe sy klein was. Sy het met haar hele gewig op die stukkie wat nie wil pas nie, gedruk en gesê: “Gaan nou innnnn!” Vir my is die groot uitdaging om ’n stukkie te neem en die prent noukeurig te bestudeer, totdat jy presies weet waar die stukkie hoort. Dan sit jy dit daar binne-in die onvoltooide legkaart neer, op sy plek. Later kry jy nog stukke wat daar pas, en gaandeweg begin die stukkies in mekaar pas om die prent te vorm.

Een ding van ’n legkaart is dat jy nie moet verwag om veel te vorder as jy min tyd daaraan spandeer nie. Tref-en-trap bring jou nie ver nie; jy het geduld nodig, en baie ook. Jy moet maar so oor die ding broei. Jy sit hier ’n stukkie in, skuif daar ’n stukkie verder of nader. En hoe beter jy die prent leer ken, hoe beter gaan dit. Jy sien ’n stukkie op die skinkbord wat jy gister weggesit het omdat jy nie geweet het waar dit kom nie, en nou, skielik, weet jy presies. Intussen is jou kinders om jou besig om te bou, elkeen aan hulle gedeelte. Hulle vra kort-kort raad, en jy help hulle hier en daar. So nou en dan pas hulle weer ’n stukkie vir jou in.

Terwyl jy so staan en bou, merk jy nie regtig hoeveel jy vorder nie; jy sit maar net hier en daar ’n stukkie by. Maar as jy terugstaan, ontdek jy tot jou verbasing hoe mooi die legkaart vorder.

Ons het lank gebou aan dié monster. Die genoegdoening van die prent voltooi, is altyd iets om na uit te sien. Maar toe ons klaar is kry ons ’n groot teleurstelling: daar is ’n stukkie weg. Die lelike gat het vir ons gelê en koggel. My kind wou die hele spulletjie in die drom gooi en ’n ander een gaan koop. Ek wou nie, want ek gooi niks in die lewe weg nie.

In my lewe is daar ook stukkies wat weg is, en dit laat lelike gate wat ek nooit sal toekry nie, altans nie hierdie kant van die graf nie. Ander stukkies maak nie (nou al?) sin nie; dit lyk my hulle hoort in ’n ander legkaart. Partykeer wil ek stukkies inforseer waar ék hulle wil hê, tevergeefs. Ander stukkies moet ek lank en noukeurig bestudeer en vergelyk met die prentjie in die Boek voor ek weet waar dit pas. En ander stukkies begin maar eers, soos die jare aanstap, sin maak en plek kry in die Groot Legkaart van God se wêreld.

Ek is mal oor legkaart-bou.

The post Legkaart-bou appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
https://bybelkoerant.co.za/2020/10/22/legkaart-bou/feed/ 0 4863
Hoofstuk van die dag: Openbaring 17 https://bybelkoerant.co.za/2020/10/21/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-17/ https://bybelkoerant.co.za/2020/10/21/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-17/#respond Wed, 21 Oct 2020 04:00:00 +0000 https://bybelkoerant.co.za/?p=4855 Hulle sal teen die Lam oorlog voer, maar die Lam […] sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die heersers en die Koning van die konings is. (vers 14) Op 17:1 – 19:10 vorm ’n eenheid en beskryf die verloop van die voltrekking van die sewende toornbak. Ons kry in Op 17 ’n beeld…

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 17 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>

Hulle sal teen die Lam oorlog voer, maar die Lam […] sal hulle oorwin, omdat Hy die Here van die heersers en die Koning van die konings is. (vers 14)

Op 17:1 – 19:10 vorm ’n eenheid en beskryf die verloop van die voltrekking van die sewende toornbak. Ons kry in Op 17 ’n beeld van die val van Babilon.

In die Ou Testamentiese profesieë was die simboliek van ’n sedelose vrou baie bekend, en dit het gewoonlik godsdienstige afvalligheid voorgestel (sien bv Jes 1:21). In Op 17 stel sy die stad Rome voor, die hoofsentrum van die bedryf van allerlei goddeloosheid. Die vrou sit op ’n helderrooi dier. Dit is simbolies daarvan dat sy gedra word deur die stukrag van die bloeddorstige Antichris (Op 13:1). Haar klere dui op die uiterste weelde. Dis juis met hierdie weelderige, dekadente leefwyse waardeur sy die nasies verlei.

Die vrou is dronk van die bloed van die gelowiges. In die tyd waarin Openbaring geskryf is, het talle gelowiges ’n marteldood aan die hand van Rome gesterf.

’n Mens kan maklik vreesbevange raak vir die aanslag van die Bose op die kerk en gelowiges, maar die Bose sal nie die laaste woord hê nie. Dít behoort aan die Lam (vers 14).

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 17 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
https://bybelkoerant.co.za/2020/10/21/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-17/feed/ 0 4855
Hoofstuk van die dag: Openbaring 16 https://bybelkoerant.co.za/2020/10/20/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-16/ https://bybelkoerant.co.za/2020/10/20/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-16/#respond Tue, 20 Oct 2020 04:00:00 +0000 https://bybelkoerant.co.za/?p=4849 “Kyk, Ek kom onverwags soos ’n dief. Geseënd is die een wat wakker bly en sy klere reghou, sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy skande sien nie.” (vers 15) Die bakke herinner weer baie sterk aan die plae in Egipte, voordat die volk van God toegelaat is om te trek…

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 16 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>

“Kyk, Ek kom onverwags soos ’n dief. Geseënd is die een wat wakker bly en sy klere reghou, sodat hy nie kaal hoef te loop en die mense sy skande sien nie.” (vers 15)

Die bakke herinner weer baie sterk aan die plae in Egipte, voordat die volk van God toegelaat is om te trek (vgl Eks 7–10). En net soos met die trompette konsentreer die eerste vier toornbakke op die aarde, see, waters en hemelliggame, die vyfde op duisternis en pyniging en die sesde op die oorlogsaanslag uit die ooste. Die verskil tussen die trompette en bakke is die toename in intensiteit. By die trompette word net ’n deel van die aarde aangetas, om die moontlikheid tot bekering oop te laat, terwyl die toornbakke alles vernietig as deel van God se finale oordeelsvoltrekking.

Die einde van die wêreld soos ons dit ken, het aangebreek. Die groot stad Babilon (vers19 – dis ’n kodenaam vir die stad Rome, die setel van die Romeinse Ryk) word finaal vernietig. En tog bekeer die mense hulle nie, maar bly teen God laster (vers 21).

God oordeel regverdig en sal uiteindelik die Bose en sy volgelinge vernietig. Ons moet naby God bly leef (vers 15) sodat ons. wanneer dit gebeur, gereed is.

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 16 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
https://bybelkoerant.co.za/2020/10/20/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-16/feed/ 0 4849
’n Eie koning vir Israel? https://bybelkoerant.co.za/2020/10/20/n-eie-koning-vir-israel/ https://bybelkoerant.co.za/2020/10/20/n-eie-koning-vir-israel/#respond Tue, 20 Oct 2020 01:59:00 +0000 https://bybelkoerant.co.za/?p=4851 Van ons Ou Testament redaksie RAMA. – Die moontlikheid dat Israel binnekort sy eie koning sal hê, is vandeesweek aansienlik versterk na indringende samesprekings wat stamleiers met die siener-rigter Samuel seun van Elkana in sy ampswoning hier gevoer het. Ná aanvanklike samesprekings vroeër in die week het die vergadering verdaag om Samuel geleentheid te gee om…

The post ’n Eie koning vir Israel? appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
Van ons Ou Testament redaksie

RAMA. – Die moontlikheid dat Israel binnekort sy eie koning sal hê, is vandeesweek aansienlik versterk na indringende samesprekings wat stamleiers met die siener-rigter Samuel seun van Elkana in sy ampswoning hier gevoer het.

Ná aanvanklike samesprekings vroeër in die week het die vergadering verdaag om Samuel geleentheid te gee om hom in gebed oor die saak tot God te wend. Gister is die samesprekings toe hervat, en het Samuel met sekere voorbehoude ingestem tot die oorgang na ’n monargie.

’n Volksvergadering is vir oor ses weke belê by Mispa. Daar is ooreengekom dat, indien die volk as geheel by dié vergadering op ’n monargie besluit, Samuel behulpsaam sal wees met die verkiesing en bevestiging van die eerste koning vir Israel.

Die bejaarde Samuel is al sy hele volwasse lewe lank die leier van die Israeliete. Hy is ook een van die heftigste teenstanders van die idee van ’n koning vir die twaalf stamme, omdat hy glo dat Israel net een Koning kan hê, en dit is die Here God.

Die behoefte aan ’n eie koning het egter nou dringend geword, aangesien Samuel nie meer die volk kan lei nie. Sy seuns Joël en Abia, wat hy aangestel het as regters om sy taak oor te neem, slaag ook nie daarin om hulle vader se skoene vol te staan nie. Aantygings van korrupsie en omkopery is selfs al teen die twee seuns gemaak.

Volgens ’n woordvoerder van die stamleiers was Samuel genoodsaak om ’n meer toegeeflike houding in te neem toe stamleiers hom met die feite oor sy seuns se gedrag gekonfronteer het. Die toenemende erns van die militêre bedreiging op die landsgrense vereis ook ’n sterk leiersfiguur wat die Israeliete tot verenigde weerstand kan saamsnoer. “Al die volke om ons het ’n koning, en dit werk goed. Waarom nie ons ook nie?” het die woordvoerder gevra.

Na afloop van die samesprekings het Samuel in ’n kort perskonferensie opnuut gewaarsku teen die instel van ’n monargie. Hy het gesê die saak is baie meer kompleks as wat die stamleiers die volk wil laat glo. “Ek vrees die unieke geestelike karakter van ons bestaan as volk van God kan hiermee tot niet gaan,” het hy gesê.

Of Israel inderdaad ’n koninkryk gaan word, sal oor ses weke beslis word.

 

PROFEET VOORSPEL TRONK VIR KERKLEIER

Van ons Nuwe Testament redaksie

SESAREA. – Die bekende kerkleier Paulus van Tarsus, wat enkele dae gelede hier aangekom het onderweg na Jerusalem, het gister gehoor dat hy in Jerusalem deur die Jode gevange geneem sal word.

Dié doemboodskap kom van ene Agabus, ’n profeet van Judea. Paulus het na dié profesie gesê dit verander niks aan sy voorneme om Jerusalem te besoek nie. Hy het die gemeentelede hier versoek om hom nie te probeer oorreed om van sy planne af te sien nie. “As dit God se wil is, is ek bereid om in Jerusalem nie net gevange geneem te word nie, maar selfs ook te sterwe,” het hy gesê.

Na verwagting sal Paulus nog ’n paar dae by die evangelis Filippus oorbly voordat hy sy reis hervat.

 

PERSOONLIK

Timoteus seun van Eunice van Listra het hom aangesluit by die rondreisende evangelis Paulus van Tarsus, wat tans ’n uitgebreide sendingtoer deur Klein-Asië onderneem. Dit is nie bekend wanneer hy weer na Listra sal terugkeer nie.

 


‘n Ouer se verantwoordelikheid

Dit is tragies en onverklaarbaar dat die seuns van ’n Godsman soos Samuel nie net soos hulle pa naby die Here leef nie. En dié tragedie herhaal hom vandag nog in die lewe van toegewyde gelowiges. Laat ons bid dat sulke kinders mettertyd hulle dwaling sal besef en soos die verlore seun van ouds sal terugkeer na wat hulle weet die regte pad is, soos die kerkvader Augustinus, wat ook vir baie jare die spoor byster was. Sy ma het veertig jaar vir sy bekering gebid voordat die wonder gebeur het.

Gelukkig is dié onverstaanbare situasie nie die reël nie. Want God het dit so beskik dat die geloof van een geslag na die volgende aangegee word. Daarom kon Paulus Timoteus se geloof terugvoer na sy ma, Eunice, en sy ouma Loïs. Daarom lees ons van Filippus se vier dogters wat al vier Geesvervulde mense was, net soos hulle pa.

Natuurlik gebeur dit nie outomaties nie. Dit gebeur alleen daar waar ouers met hul kinders binne die dampkring van die kerk leef, soos die pa’s, ma’s en kinders wat saam na die “strand-diens” gegaan het om Paulus te groet (Hand. 21:5).

Leef jy met jou kinders in die dampkring van die kerk?

The post ’n Eie koning vir Israel? appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
https://bybelkoerant.co.za/2020/10/20/n-eie-koning-vir-israel/feed/ 0 4851
Hoofstuk van die dag: Openbaring 15 https://bybelkoerant.co.za/2020/10/19/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-15/ https://bybelkoerant.co.za/2020/10/19/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-15/#respond Mon, 19 Oct 2020 04:00:00 +0000 https://bybelkoerant.co.za/?p=4844 Een van die vier lewende wesens het toe aan die sewe engele sewe goue bakke gegee, gevul met die toorn van God, van Hom wat tot in alle ewigheid lewe. (vers 7) Die sewe seëls het God se oordeelsvoltrekking ingelui (Op 6:1–8:1), die sewe trompette het die dringendheid van die oordeelsvoltrekking beklemtoon (Op 8:2–11:19) en…

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 15 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>

Een van die vier lewende wesens het toe aan die sewe engele sewe goue bakke gegee, gevul met die toorn van God, van Hom wat tot in alle ewigheid lewe. (vers 7)

Die sewe seëls het God se oordeelsvoltrekking ingelui (Op 6:1–8:1), die sewe trompette het die dringendheid van die oordeelsvoltrekking beklemtoon (Op 8:2–11:19) en nou breek die finale voltrekking van God se oordeel oor die goddeloses aan met die sewe bakke (Op 15:1–16:21). Die groeiende intensiteit is opvallend. Net soos by die trompette speel die natuurelemente en Eksodusmotiewe by die bakke ’n belangrike rol.

Die sewe goue bakke is die skottels waarin die brandende kole vir die wierookoffer gewoonlik gehou is. Op hierdie oomblik is die bakke gevul met die vuur van die toorn van God (vers 7). Dit gaan nie nou oor die bevrediging van God se woede nie. Dit gaan oor sy heiligheid wat sonde nie verdra nie.

Die lied wat die mense sing (vers 3-4), is ’n pryslied tot God, nie ’n wraaklied waarin hulle hulle oor die ondergang van die goddeloses verlekker nie. Dit is die ingesteldheid van ’n gelowige. Dis nie gefokus op die ondergang van die goddelose nie, maar op die eer van God.

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 15 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
https://bybelkoerant.co.za/2020/10/19/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-15/feed/ 0 4844
Gen 46:3 GELOOF IS OM TE BLY HOOP https://bybelkoerant.co.za/2020/10/18/gen-463-geloof-is-om-te-bly-hoop/ https://bybelkoerant.co.za/2020/10/18/gen-463-geloof-is-om-te-bly-hoop/#respond Sun, 18 Oct 2020 06:08:00 +0000 https://bybelkoerant.co.za/?p=4846 Die Here sê hier in ons teksvers vir Jakob dat hy nie bang moet wees om na Egipte te gaan nie. Hoekom sou Jakob dan bang wees om na Egipte te gaan? Was dit omdat daar baie gevare op die pad skuil? Dit seker ook. Maar dit was nie die eintlike rede nie. Ons moet…

The post Gen 46:3 GELOOF IS OM TE BLY HOOP appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>

Die Here sê hier in ons teksvers vir Jakob dat hy nie bang moet wees om na Egipte te gaan nie. Hoekom sou Jakob dan bang wees om na Egipte te gaan? Was dit omdat daar baie gevare op die pad skuil?

Dit seker ook. Maar dit was nie die eintlike rede nie. Ons moet onthou dat Jakob hier nie maar net op pad is om sy lank-verlore kind in Egipte te gaan ontmoet nie; hy is besig om weg te trek uit die land Kanaän, die land van die belofte. En as ons nou gaan kyk na die hele geskiedenis van Jakob, het sy hele lewenslot telkens maar weer gedraai om die ontvangs of verlies van die beloofde land. Die belofte dat hy die land Kanaän as erfenis sal kry, dit het sy hele lewe gekleur – so anders as die ander twee aartsvaders, Abraham en Isak, vir wie die vraag na ’n nageslag dié groot vraag was wat hulle op hulle knieë gehou het. Sara was jare lank kinderloos, en dit was die groot krisis in Abraham se geloofslewe. In Isak is God se beloftes aan Abraham in ’n sekere sin beliggaam. Vir Isak was dit ook so: Rebekka was ook kinderloos, en dit was vir hom ’n geloofstryd. Die land van die belofte, Kanaän, wat God aan Abraham met ’n eed beloof het, was nooit eintlik in gedrang nie, behalwe een keer, so lees ons in Gen 26:2-5, toe daar ook ’n groot droogte was en Isak na Egipte wou uitwyk. Toe het die Here Isak verbied om na Egipte te gaan.

Met Jakob was dit anders. Die een groot belofte wat sy pa en oupa aan die hoop gehou het, dié van ’n groot nageslag, dit was nou nie juis by hom ’n probleem nie. Hoewel sy geliefde Ragel vir hom net 2 seuns gegee het, het hy baie ander kinders ook gehad. En juis op hierdie stadium het sy sorge oor sy kinders op die agtergrond geskuif: Josef lewe, Benjamin is veilig, en Simeon is uit die tronk! Maar dit is merkwaardig dat sy verhouding met God elke keer maar weer draai om die ander belofte wat God aan Abraham gemaak het, nl die belofte van ’n eie land, ’n eie grondgebied, die land Kanaän. Dit was onder andere om hierdie beloofde land as erfporsie te kry, dat hy Esau uit sy eersgeboortereg gekul het – eers met die pot lensiesop, en later met die bedrog teenoor sy gryse pa. Toe hy uit Kanaän moes wegvlug as ’n jong man, toe het God by Bet-el aan hom verskyn met die belofte dat hy eendag weer na die beloofde land sal terugkeer. En daar by Laban verskyn die Here weer aan hom, ’n paar jaar later, met die opdrag dat hy moet terugkeer na die beloofde land. En voordat hy die land Kanaän ingaan, verskyn die Here weer aan hom by die Jabbok-spruit. En later, toe Jakob weer by Bet-el kom, herhaal die Here aan hom sy belofte dat Hy die land vir hom gee. Telkens maar weer gaan dit om die belofte dat hy die land Kanaän sal erf.

En dit was wat vir Jakob bang gemaak het: nie omdat hy na Egipte moes gaan nie, maar omdat hy weg moes trek uit die land van die belofte. Dit lyk nou so of hierdie belofte van God in die gedrang is. Daarom verskyn die Here hier aan Jakob en stel hom gerus, verseker hom van sy blywende teenwoordigheid, maar veral ook dat die belofte van die land nie met sy vertrek verlore is nie: “Moenie bang wees om na Egipte toe te gaan nie, want Ek sal jou daar ’n groot nasie maak. Ek gaan saam met jou Egipte toe, en Ek sal jou beslis weer hierheen laat terugkom …”

As ’n mens so na die saak kyk, lyk dit asof die hele Josef-geskiedenis nie gebeur het net maar om die volk van ’n gewisse hongersnood te red nie – God sou die volk tog op ander maniere ook kon bewaar – maar dat die volk via Josef na Egipte moes gaan, dat God dit so beplan het met ’n baie spesifieke doel: Egipte moes vir die volk ’n leerskool word. Soos hulle aan die begin van hulle bestaan moes leer dat, om met God te lewe, alleen moontlik is deur die geloof in Hom en die hoop dat Hy sy beloftes sal waar maak, al lyk dit of daar nie sprake kan wees van ’n nageslag nie, so moes hulle nou in Egipte gaan leer dat God ook sy belofte van ’n eie land sal uitvoer, al moet hulle ook lank daarvoor wag. Daarom word die vervulling van hierdie belofte nog ’n paar honderd jaar lank uitgestel, sodat die volk oor een ding geen twyfel kan hê nie: Net God kan sy belofte in vervulling laat gaan. Op Hóm moet hulle al hulle hoop stel.

Ons lewe natuurlik ook met hierdie God in die flenters land van ons. Dalk is dit een van die dinge wat God met ons kan bereik – die geloof dat net Hy ons land kan genees, en ons só al hoe stywer aan Hom laat vashou.

Natuurlik is die wag nie altyd maklik nie. Heel dikwels is dit baie moeilik, gaan dit met lyding en hartseer en pyn en stryd gepaard, soos die Israeliete daar in Egipte later selfs slawe geword het. Maar hy wat glo, sal nie haastig wees nie, sê die Jes 28:16 (1953-vert). Want jy weet: God weet wat Hy doen. Hy het ’n doel met my lewe. Hy laat alles ten goede meewerk vir dié wat Hom liefhet. En bowendien, ons is nie alleen terwyl ons wag nie. Soos God aan Jakob belowe het: “Moenie bang wees nie … Ek gaan saam met jou … Ek sal jou beslis hierheen laat terugkom”, so het ons ook Christus se belofte: “Ek is met julle tot aan die voleinding van die wêreld.”

Die manier waarop ons tot dan, tot aan die voleinding van die wêreld, met God moet saamleef, is deur die geloof; deur God te vertrou. Ons sou ook kon sê: deur die hoop, die uitsig op die hemel. God belowe ons nie ’n pad van maanskyn en rose nie. Hy het dit ook nie vir Jakob belowe nie. Maar Hy belowe wel sy teenwoordigheid. En dit is meer as wat ons ooit kan vra.

Amen.

The post Gen 46:3 GELOOF IS OM TE BLY HOOP appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
https://bybelkoerant.co.za/2020/10/18/gen-463-geloof-is-om-te-bly-hoop/feed/ 0 4846
Hoofstuk van die dag: Openbaring 14 https://bybelkoerant.co.za/2020/10/18/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-14/ https://bybelkoerant.co.za/2020/10/18/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-14/#respond Sun, 18 Oct 2020 04:00:00 +0000 https://bybelkoerant.co.za/?p=4842 Toe het ek ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf op! Geseënd is dié wat van nou af in die Here sterwe.” “Ja,” sê die Gees, “hulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle.” (vers 13) Dink net: dit wat ons vandag doen, volg ons hemel toe. Ons…

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 14 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>

Toe het ek ’n stem uit die hemel hoor sê: “Skryf op! Geseënd is dié wat van nou af in die Here sterwe.” “Ja,” sê die Gees, “hulle sal rus van hulle arbeid, want alles wat hulle gedoen het, volg hulle.” (vers 13)

Dink net: dit wat ons vandag doen, volg ons hemel toe. Ons is nou al besig om te bou aan God se nuwe skepping. Dít wat ons in hierdie lewe in Gods Naam verrig, sal bly staan! Dit word deel van wie ek is en wie ek gaan wees in die ewigheid. Dit is nié maar om ’t ewe of ek met die dinge van die Here besig is of nie. In God se nuwe wêreld sal daar ook plek wees vir dit wat ons hier op aarde vir Hom gedoen het.

Ons durf dus nie sit en wag op die wederkoms nie; ons het die voorreg om nóú al iets van God se nuwe wêreld ’n werklikheid te laat word. Daar waar jy iemand se eensaamheid verdryf, iemand se lyding help versag, ’n treurende troos, jy ’n stukkie brood, ’n kombers of ’n beker koffie vir iemand gee, is jy besig om iets van God se nuwe wêreld ’n werklikheid te laat word.

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 14 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
https://bybelkoerant.co.za/2020/10/18/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-14/feed/ 0 4842
Hoofstuk van die dag: Openbaring 13 https://bybelkoerant.co.za/2020/10/17/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-13/ https://bybelkoerant.co.za/2020/10/17/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-13/#respond Sat, 17 Oct 2020 04:00:00 +0000 https://bybelkoerant.co.za/?p=4840 Hy verplig al die mense, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om ’n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra … (vers 16) Die hervormer Martin Luther het die duiwel God se aap genoem, want hy probeer gedurig God na-aap. In Op 13 het ons ’n klassieke voorbeeld van…

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 13 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>

Hy verplig al die mense, klein en groot, ryk en arm, vryes en slawe, om ’n merk op hulle regterhand of op hulle voorkop te dra … (vers 16)

Die hervormer Martin Luther het die duiwel God se aap genoem, want hy probeer gedurig God na-aap. In Op 13 het ons ’n klassieke voorbeeld van sy na-apery. Ons aanbid ’n drie-enige God: Vader, Seun en Gees. Die Bose het ook ’n bose drie-eenheid: Satan (die draak, 12:18), die Antichris (die dier uit die see, 13:1) en die vals profeet (die dier uit die aarde, 13:11).

Die dodelike wond wat genees het (vers 3), verwys na ’n storie wat keiser Nero oor homself versprei het. Die godslastering (vers 5,6) is ook ’n verwysing na Romeinse keisers wat hulleself as gode voorgedoen het. Destyds was keiseraanbidding ’n afdwingbare godsdiens waaroor menige Christen ’n marteldood gesterf het.

Die vals profeet is die Romeinse staatsmasjienerie wat mense gedwing het om die keiser te aanbid. Dié wat dit wel gedoen het, het ’n sertifikaat gekry wat hulle toegang tot die ekonomie gegee het. Dit is waarna die getal 666 verwys (teenoor God se merk, 7:3). Terwyl 7 die volmaakte getal (God se getal) is, is kom Satan nooit daarby uit nie. Daar is net een God!

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 13 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
https://bybelkoerant.co.za/2020/10/17/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-13/feed/ 0 4840
Hoofstuk van die dag: Openbaring 12 https://bybelkoerant.co.za/2020/10/16/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-12/ https://bybelkoerant.co.za/2020/10/16/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-12/#respond Fri, 16 Oct 2020 04:00:00 +0000 https://bybelkoerant.co.za/?p=4838 … die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar ’n plek gereed gemaak het … (vers 6) Op 12 vertel die verhaal van ’n vrou – God se volk op aarde – wat ’n seun in die wêreld gebring het: Jesus Christus. Intussen het daar oorlog in die hemel uitgebreek tussen…

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 12 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>

… die vrou het na die woestyn toe gevlug waar God vir haar ’n plek gereed gemaak het … (vers 6)

Op 12 vertel die verhaal van ’n vrou – God se volk op aarde – wat ’n seun in die wêreld gebring het: Jesus Christus. Intussen het daar oorlog in die hemel uitgebreek tussen Migael en sy engele, en die draak en sy engele. Die draak – Satan – word verslaan en uit die hemel uitgeskop, en nou sit hy sy oorlog op aarde voort. Sy eerste teiken was hierdie Seun, maar toe hy die Seun nie kon verslind nie, wend die draak hom in al sy woede tot die vrou, dit wil sê die kerk.

Om haar te beskerm maak God vir haar ’n plek gereed in die woestyn. Die woestyn herinner ons aan die tyd toe die Israeliete uit Egipte gevlug het. Die woestynlewe was ’n lewe van eenvoud, in afhanklikheid van God.

Dis waarheen God die gelowiges (ons) stuur. Daar, weg van die prag en praal, weg van die suigkrag van die materialisme, moet ons skuil teen die aanslae van die draak, want daar is ons veilig van die duiwel en sy lis.

God is tuis by gelowiges wat ’n woestynbestaan voer, in eenvoud lewe, soos Jesus geleef het.

The post Hoofstuk van die dag: Openbaring 12 appeared first on Jaco se Bybelkoerant.

]]>
https://bybelkoerant.co.za/2020/10/16/hoofstuk-van-die-dag-openbaring-12/feed/ 0 4838