Galasiërs

Paulus se hele verstaan van die evangelie is dat Christus genoeg is om ons kinders van God te maak. Ons kan niks byvoeg by sy verlossingswerk nie, en ons moet ook nie probeer om dit te doen nie.

Die gemeentes in Galasië het hierdie verlossingsboodskap by Paulus gehoor en dit geglo, maar wettiese Joodse gelowiges wou hulle oortuig dat Christus se verlossingswerk alleen nie genoeg is nie. Jy moes die hele (Joodse) wet nougeset nakom, onder andere deur jou te laat besny.

Dit is teen dié dwaalleer wat Paulus in hierdie brief skerp reageer.

Galasiërs, hoofstuk vir hoofstuk

Hoofstuk van die dag: Galasiërs 6

Maar wat my betref, mag God verhoed dat ek ooit oor iets anders roem as oor die kruis van ons Here Jesus Christus, want deur die kruis is die wêreld vir my dood en ek vir die wêreld. (vers 14) Wanneer jy Jesus aanneem, neem jy ook sy kruis aan as die deurslaggewende...

read more

Hoofstuk van die dag: Galasiërs 5

Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. (vers 25) Die feit dat ons nie slawe is nie, maar kinders van God, beteken natuurlik nie dat ons kan maak soos ons wil nie. As deel van God se familie moet ons mekaar in liefde dien (vers 13). Dit is...

read more

Hoofstuk van die dag: Galasiërs 4

Jy is dus nie meer ’n slaaf nie; jy is nou ’n kind van God. En omdat jy sy kind is, het God jou ook sy erfgenaam gemaak. (vers 7) ’n Gesin werk nie met ’n menigte reëls nie, dit werk met riglyne van respek, waardering, omgee. As dít in plek is, is ’n klomp reëls...

read more

Hoofstuk van die dag: Galasiërs 3

Julle Galasiërs, is julle dan so sonder begrip? Wie het julle verstand benewel? Jesus Christus is tog so duidelik aan julle verkondig dat julle Hom as ’t ware aan die kruis kon sien hang! (vers 1) In die meeste van sy briewe is Paulus nogal diplomaties. Hy het geglo...

read more

Hoofstuk van die dag: Galasiërs 2

Toe Sefas egter later na Antiogië toe gekom het, het ek my openlik teen hom verset omdat sy optrede duidelik verkeerd was. (vers 11) ’n Mens kan amper nie glo dat Petrus, van alle mense, só ’n fout kon maak nie. Petrus, die rotsman, op wie se belydenis die kerk gebou...

read more

Hoofstuk van die dag: Galasiërs 1

Daar is geen ander evangelie nie! Tog is daar mense wat die evangelie van Christus probeer verdraai, en dit is hulle wat vir julle in verwarring bring. (vers 7) Ons weet dat Jesus Christus God se plan is om ons te red. Sy _hele_ plan. Party mense dink as jy iets hier...

read more

Hits: 28

Volg en laaik my asb: