Die Handelinge van die Apostels

In sy tweede boek, Handelinge, vervolg Lukas die verhaal waar hy in sy Evangelie gestop het. Dit begin by die vertelling van Jesus se hemelvaart, en fokus op die uitstorting van die Heilige Gees en die vestiging van die vroeë kerk, totdat dit die ganse destydse wêreld bereik het.

Die Handelinge van die Apostels, hoofstuk vir hoofstuk

Hoofstuk van die dag: Handelinge 28

Die gelowiges daar het van ons gehoor, en party van hulle het ons by die Appiusmark kom ontmoet en party by die Drie Herberge. Toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed geskep. (vers 15) Hierdie vers tref my elke keer weer. Dit onderstreep twee baie belangrike...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 27

Nadat Paulus dit gesê het, het hy brood geneem, God in die teenwoordigheid van almal gedank, dit gebreek en begin eet. Hulle het almal moed geskep en self ook begin eet. (vers 35-36) Twee weke op die stormsee is genoeg om enige mens se moed te breek. Lukas skryf dat...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 26

Of dit nou gou-gou gebeur of langer duur,” antwoord Paulus, “ek bid God dat nie net u nie, maar almal wat vandag na my luister, sal word wat ek is, natuurlik net sonder hierdie boeie. (vers 29) Paulus het geen kans om te getuig dat Jesus die Here is, laat verbygaan...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 25

As ek skuldig is en iets gedoen het wat die doodstraf verdien, is ek bereid om te sterwe. Maar as daar niks in hulle beskuldigings teen my steek nie, kan niemand my as guns aan hulle uitlewer nie. Ek beroep my op die keiser. (vers 11) Die Here Jesus het ons geleer om...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 24

Twee jaar later is Feliks deur Porcius Festus opgevolg. En omdat Feliks die Jode ’n guns wou bewys, het hy Paulus as gevangene agtergelaat. (vers 27) Wat ’n ongelooflike ingreep in Paulus se lewe en bediening! Hy sit in die tronk terwyl hy nog soveel het om te bied;...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 23

Daardie nag het die Here by Paulus gestaan en vir hom gesê: “Hou moed! Hier in Jerusalem het jy vir My getuig. So moet jy dit in Rome ook nog doen.” (vers 11) Die Here se teenwoordigheid en leiding loop soos ’n goue draad reg deur Paulus se lewe. Ons het al gelees hoe...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 22

Meer as dit wou die skare nie hoor nie, en hulle het begin skreeu: “Weg met hom! So ’n man behoort nie te bly lewe nie!” (vers 22) Ek sou graag die res van Paulus se verdediging wou hoor, maar daarvoor het die Jode ’n stokkie gesteek. Dis vandag nog so. Mense wil net...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 21

(Agabus) het na ons toe gekom, Paulus se gordel gevat, sy eie hande en voete daarmee vasgebind en gesê: “So sê die Heilige Gees: Die Jode sal in Jerusalem die eienaar van hierdie gordel net so vasbind en hom aan die heidene uitlewer.” (vers 11) Nie almal wat die Here...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 20

Wees waaksaam. Onthou dat ek elkeen van julle drie jaar lank onderrig het, aanhoudend, dag en nag, baiekeer met trane. (vers 31) Efese was die gemeente waar Paulus die langste aaneen gewerk het. Hy was altesaam drie jaar daar, en dit is duidelik uit sy afskeid dat...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 19

Maar een van die bose geeste het vir hulle gesê: “Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?” (vers 15) Die Bybel is vol humor. Ek glo God kry dikwels ’n heimlike glimlag oor die goed wat mense hier op aarde aanvang, en oor mense se reaksie op die...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 18

Een nag het die Here in ’n gesig vir Paulus gesê: “Moenie bang wees nie; hou aan met preek en moenie stilbly nie, want Ek is by jou. Niemand sal jou aanval of jou kwaad aandoen nie, want in hierdie stad behoort baie mense aan My.” (vers 9-10) Dié vers was vir my nogal...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 17

... dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee. (vers 25) Ons aanbid ’n wonderlike God. Paulus stel dit so mooi dat ’n mens eintlik net wil sit en daaroor nadink: “Dit is Hy wat aan almal lewe en asem en alles gee.” Lewe en asem en alles – ook joune. Dit kom...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 16

Hulle het daarna deur die gebied van Frigië en Galasië gereis, omdat die Heilige Gees hulle verhinder het om die woord in die provinsie Asië te verkondig. (vers 6) Soms leer ’n mens eers die Here se pad ken namate jy daarop loop. Paulus het nooit geweet die pad lei na...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 15

Nee! Ons, en ook hierdie gelowiges, glo dat ons net deur die genade van die Here Jesus gered word. (vers 11) Ek dink nie ons kan régtig verstaan hoe ’n groot besluit in Handelinge 15 geneem is nie, en nog minder hoe moeilik dit vir die Joodse gelowiges moes gewees het...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 14

Maar die Jode wat nie die boodskap wou aanneem nie, het die gemoedere van die heidene opgesweep en hulle teen die gelowiges aangehits. (vers 2) Voor sy dood het Jesus sy dissipels gewaarsku dat hulle gereed daarvoor moet wees dat hulle net soos Hy vervolg sal word...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 13

Nadat die gemeente gevas en gebid en hulle die hande opgelê het, het die gemeente hulle laat gaan. (vers 3) Dit is ’n merkwaardige ding wat hier gebeur. Uit Hand 11:24-26 is dit duidelik dat Barnabas en Saulus (of Saul, Paulus se Joodse naam) ’n formidabele span was...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 12

Meteens staan daar ’n engel van die Here en skyn daar ’n lig in die sel. Die engel vat toe aan Petrus se sy om hom wakker te maak en sê vir hom: “Staan gou op.” Onmiddellik het die boeie van sy hande afgeval. (vers 7) Niks kan God se planne stuit nie. Niks! Herodes...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 11

Barnabas is na Tarsus toe om vir Saulus te gaan soek. Toe hy hom kry, het hy hom na Antiogië toe gebring ... (vers 25-26) Barnabas het verstaan dat hy nie alles alleen kan doen nie; hy het geweet hy het ander mense nodig om saam met hom in die Here se diens te staan....

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 10

Toe het Petrus aan die woord gekom en gesê: “Waarlik, ek begryp nou eers dat God ...” (vers 34) Ons reis agter Jesus aan, gelei deur die Heilige Gees, is ’n opwindende een met talle verrassings. Dié reis vra dat ons ons moet laat meesleur deur God se beweging in die...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 9

Almal wat dit gehoor het, was verbaas en het gesê: “Is dit nie die man wat in Jerusalem die mense wat hierdie Naam aanroep, wou uitroei nie? En het hy nie ook hierheen gekom om hulle gevange te neem en voor die priesterhoofde te bring nie?” (vers 21) Die boek...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 8

’n Ontmande Etiopiër [...] het op sy wa gesit en lees uit die profeet Jesaja. Toe sê die Gees vir Filippus: “Gaan loop saam met daardie wa.” (vers 27-29) Gister het Stefanus ons gehelp om weer te dink oor die dinge waaraan ons te veel waarde heg toe hy die Jode se...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 7

God, die Allerhoogste, woon egter nie in geboue wat deur mense gemaak is nie. (vers 48) Vir die Jode van destyds was Jerusalem en veral die tempel ’n heilige plek, en wee hom wat dit ontken. Stefanus was nie “Jerusalem-verskrik” nie. Sy standpunt was dat die wêreld...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 6

In daardie tyd, toe die gelowiges nog steeds meer geword het, het daar teen die Hebreeussprekendes klagtes gekom van die Griekssprekendes dat hulle weduwees in die daaglikse versorging afgeskeep word. (vers 1) Daar is nie belangrike en onbelangrike mense in die kerk...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 5

Die hele gemeente en al die ander mense wat hiervan gehoor het, het baie bang geword. (vers 11) Dit lyk my dis gevaarlik om aan die kerk te behoort. Ons is nie in die kerk sommer maar net besig met een of ander vereniging nie. Dit is immers God se kerk. En daarom kan...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 4

En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. (vers 29) Ons het vandag ander gevare as destyds wat ons geloofslewe bedreig. Ons het nie ’n owerheid wat ons met vervolging dreig nie. Ons kan sonder enige verhindering ons gemeentelike lewe organiseer. Maar dit sal dom wees om...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 3

Maar Petrus sê: “Geld het ek nie; maar wat ek het, gee ek vir jou: in die Naam van Jesus Christus van Nasaret, staan op en loop!” (vers 6) Binne drie eeue het die kerk van ’n klein, onbeduidende groepie Galileërs gegroei tot die magtigste beweging in die Romeinse Ryk,...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 2

En omdat elkeen gehoor het hoe daar in sy eie taal gepraat word, het hulle nie geweet hoe hulle dit het nie. (vers 6) Wat Lukas vir ons hier beskryf, is die omgekeerde van die spraakverwarring by die toring van Babel (Gen. 11). Daar het die mense in verskillende tale...

read more

Hoofstuk van die dag: Handelinge 1

Terwyl Hy ’n keer saam met hulle aan tafel was, het Hy hulle beveel: “Moenie van Jerusalem af weggaan nie, maar bly wag op die gawe wat die Vader belowe het, soos julle van My gehoor het. [...] julle sal binne ’n paar dae met die Heilige Gees gedoop word.” (vers 4-5)...

read more

Hits: 133

Volg en laaik my asb: