Jakobus

Die skrywer van die Brief van Jakobus was waarskynlik die leier van die Jerusalem-gemeente en (half)broer van die Here Jesus. Hy skryf aan gelowiges oor die hele wêreld, en gee praktiese raak oor wat dit beteken om ‘n gelowige te wees. Hy put ryklik uit die wysheid van die boek Spreuke, en ook uit Jesus se leringe.

Jakobus

Hoofstuk van die dag: Jakobus 5

En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom. (Jak 5:1) Is dit dan verkeerd om ryk te wees? Is rykdom inherent boos? Wat dan van Abraham, of Salomo, en talle ander skatryk gelowiges? Nee; dis nie rykdom as sodanig waarteen Jakobus dit...

read more

Hoofstuk van die dag: Jakobus 4

Of dink julle dat die Skrif sonder rede sê dat God die gees wat Hy in ons laat woon, heeltemal vir Homself wil hê? (Jak 4:5) God wil ons hele hart hê. Hy is met niks minder tevrede nie. Daar is nie so-iets soos ’n midde-weg nie. Jy kies òf vir God en dien Hom met jou...

read more

Hoofstuk van die dag: Jakobus 3

So is die tong ook maar ’n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. (Jak 3:5a) Die idioom “die pen is magtiger as die swaard” kom uit ’n era waar geskrewe kommunikasie die botoon gevoer het. In Jakobus se tyd was die gesproke woord die invloedrykste. As...

read more

Hoofstuk van die dag: Jakobus 2

’n Liggaam wat nie asemhaal nie, is dood. So is die geloof wat nie tot dade kom nie, ook dood. (Jak 2:26) Jakobus skryf sonder om doekies om te draai dat geloof wat net by vroom belydenisse bly, geen geloof is nie. Dit druis so half in teen ons belydenis dat jy gered...

read more

Hoofstuk van die dag: Jakobus 1

Dít is suiwer en onbesmette godsdiens voor ons God en Vader: om na weeskinders en weduwees om te sien in hulle ellende, en jouself onbesmet van die wêreld te hou. (Jak 1:27, 2020-vertaling) As óns moes sê waaruit godsdiens bestaan, sou ons seker nie soos Jakobus in...

read more

Hoofstuk van die dag: Inleiding tot Jakobus

Ek weet dat ons met die eerste lees van hierdie brief in 2022 reeds na die videotjie gekyk het oor die brief. Om ons geheue te verfris, kan ons weer daarna kyk om ’n oorsig oor die brief te kry: https://www.youtube.com/watch?v=qn-hLHWwRYY

read more

Hoofstuk van die dag: Jakobus 5

As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. As daar iemand is wat opgeruimd is, moet hy lofliedere sing. (vers 13) Christen-wees is nie ’n somber besigheid nie. Ja, swaar tye is daar ook, en dan kan ons ’n liefdevolle Vader nader en ons nood voor Hom...

read more

Hoofstuk van die dag: Jakobus 4

Julle moet eerder sê: “As die Here wil, sal ons lewe en sal ons dit of dat doen.” (vers 15) Dit gaan in vers 13-17 oor mense wat hulle dinge vooruit beplan het tot in die fynste besonderhede. Dit klink nogal heel modern. Alles in die moderne lewe draai om...

read more

Hoofstuk van die dag: Jakobus 3

Maar die wysheid wat van Bo kom, is allereers sonder bybedoelings, en verder is dit vredeliewend, inskiklik, bedagsaam, vol medelye en goeie vrugte, onpartydig, opreg. (vers 17) Die eerste ding wat ons moet onthou as ons lees hoe Jakobus hom hier uitspreek teen naywer...

read more

Hoofstuk van die dag: Jakobus 2

So gaan dit ook met die geloof: as dit nie tot dade oorgaan nie, is dit sonder meer dood. (vers 17) Jakobus draai nie doekies om nie: geloof wat net by vroom belydenisse bly, is geen geloof nie. Dis net praatjies, en so ’n geloof beteken niks. En tog bely ons: sola...

read more
image_pdfimage_print

Views: 91