Koerantberigte

’n Eie koning vir Israel?

’n Eie koning vir Israel?

Van ons Ou Testament redaksie RAMA. – Die moontlikheid dat Israel binnekort sy eie koning sal hê, is vandeesweek aansienlik versterk na indringende samesprekings wat stamleiers met die siener-rigter Samuel seun van Elkana in sy ampswoning hier gevoer het. Ná...

Lees verder
Weerlig slaan twee priesters dood

Weerlig slaan twee priesters dood

Woestynredaksie SINAIBERG. – Enkele ure nadat twee broers saam met hulle vader en hulle twee ander broers in ’n week lange ritueel tot die heilige amp van priester gewy is, is hulle vlak voor die altaar deur weerlig doodgeslaan. Die oorledenes is Nadab en Abihu, seuns...

Lees verder
Onderhandelings op dooie punt

Onderhandelings op dooie punt

Spesiale verteenwoordiger GOSEN. – Die leier van die Israelitiese slawe, Moses seun van Amram, het vanoggend woedend uit die paleis by Memphis gestap nadat die farao hom met die dood gedreig het en alle onderhandelinge finaal opgeskort het. Dié doodsdreigement volg op...

Lees verder
IKABOD!

IKABOD!

SILO. – Dié priestersdorpie, wat se hele bestaan wentel om die tempeldiens, en wat vir geslagte lank die trotse bewaarder van die verbondsark van God was, se dae is getel. Berig is laat gistermiddag uit Afek ontvang dat die Filistyne bo-oor die Israelitiese leër...

Lees verder
PRINS AMNON VERMOOR DEUR SY BROER

PRINS AMNON VERMOOR DEUR SY BROER

Paleisverslaggewer JERUSALEM. – Die hele stad is gister tot stilstand geruk deur die skoknuus dat kroonprins Amnon vermoor is. Sover vasgestel kan word, is Absalom, die tweede aanspraakmaker op koning Dawid se troon, die een wat agter die moord sit. Teenstrydige...

Lees verder
TIEN MELAATSES GENEES

TIEN MELAATSES GENEES

Van ons Newe Testament redaksie KAPERNAUM. – Die rabbi Jesus het sy volgelinge opnuut verbaas toe hy tien melaatse mans genees het sonder om ’n vinger te lig. Die rabbi, wat tans van Galilea na Jerusalem op pad is vir die paasfees, se reis is vanoggend onderbreek toe...

Lees verder

Pin It on Pinterest

Share This