Levitikus
Levitikus is hoofsaaklik wetsliteratuur wat teen die agtergrond van Israel se verblyf by die berg Sinaï afspeel.
Die boek roep die volk van God op om heilig te lewe deur die regte godsdiens te beoefen en hulle lewens rein te hou. God se mense tree immers anders op en leef anders as ongelowiges.

Levitikus, hoofstuk vir hoofstuk
Hoofstuk van die dag: Levitikus 27
Een tiende van al die produkte van die land behoort aan die Here, of dit nou graan of vrugte is. Dit is aan die Here gewy. (vers 30) Die hoofstuk oor geloftes en loskoopwaardes is nie regtig meer vir ons relevant nie, behalwe dat dit ’n mens se aandag vestig op die...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 26
As julle my voorskrifte nakom, my gebooie gehoorsaam en daarvolgens lewe, sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra. (vers 3-4) Om deel van die heilige God se mense te wees, het verreikende implikasies, want...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 25
Geen grond mag permanent verkoop word nie, want die land behoort aan My. Julle is slegs vreemdelinge en bywoners by My. (vers 23) Die reëlings oor die sabbatsjaar en die jubeljaar (hersteljaar) is vir ons moderne lesers uiters vreemd, en baie verklaarders wonder of...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 24
As iemand ’n medemens beseer, moet aan hom presies dieselfde gedoen word ... (vers 19) Ons ken hierdie regsbeginsel uit die Nuwe Testament. Jesus verwys daarna in Matt 5:38, waar Hy Eks 21:24 aanhaal: “’n Oog vir ’n oog en ’n tand vir ’n tand.” Dít wat jou aangedoen...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 23
Wanneer julle julle lande oes, moet julle nie die wenakkers afoes of die are wat bly lê, optel nie. Julle moet dit los vir die armes en die vreemdelinge. Ek is die Here julle God. (vers 22) Mense wat aan die Here geheilig is, behoort aan Hom met alles wat hulle is en...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 22
Die hele Israel moet My as die Heilige erken. Ek, die Here, heilig julle. (vers 32) Nie net priesters nie; ons almal word deur God geheilig!Hoe gebeur dit? Heiligheid is nie in die eerste plek iets wat jy moet doen nie, soos kerk toe gaan en nie dobbel en drink en...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 21
Hulle moet aan hulle God alleen gewy wees en mag nie sy Naam ontheilig nie. Omdat hulle gedurig offers aan die Here hulle God bring, moet hulle gewyd bly. (vers 6) ’n Priester se lewe moes onbesproke wees. Dinge wat vir gewone Israeliete aanvaarbaar was, soos om met...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 20
As die burgers hulle oë sluit vir so ’n oortreding en nie die skuldige doodmaak nie, sal Ek self ingryp ... (vers 4-5) Een van die groot probleme in ons moderne samelewing is dat ons oordrewe klem op indiwiduele regte en vryheid daartoe gelei het dat ons andere...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 19
Praat met die hele gemeente Israel en sê vir hulle: Wees heilig, want Ek die Here julle God is heilig. (vers 2) Hierdie hoofstuk is ’n praktiese uitwerk van die Tien Gebooie. Al die gebooie word hanteer, behalwe die eerste gebod, en die hoofstuk word omraam deur die...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 18
Ek is die Here julle God. Julle mag nie maak soos die Egiptenaars by wie julle gewoon het, of soos die Kanaäniete na wie se land toe Ek julle bring nie. Julle mag hulle gebruike nie navolg nie. (vers 2b-3) Miskien onthou jy nog hoe jy gevoel het, die eerste keer toe...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 17
Die bedoeling is dat die Israeliete nie meer diere in die veld moet slag nie, maar dit vir die Here moet bring. Hulle moet dit na die ingang van die tent van ontmoeting na die priester toe bring en daar slag as maaltydoffer vir die Here. (vers 5) Die verpligting om...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 16
Terwyl hy dan sy twee hande op die kop van die bok lê, moet hy ál die oortredinge en opstandigheid, al die sondes van die Israeliete daar bo-oor die bok bely. (vers 21) Die Groot Versoendag sê onmisverstaanbaar: Sonde kan nie sommer weggewens word nie. Ons kan nie...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 15
Julle moet die Israeliete streng laat hou by hierdie reinheidsvoorskrifte, anders sal hulle dalk my heiligdom wat by hulle is, ontwy. As dit gebeur, sal hulle sterwe. (vers 31) By die volke tussen wie die Israeliete gewoon het, was seksuele perversiteit in die...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 14
... moet die eienaar van die huis vir die priester gaan sê: ’Dit lyk my daar is ’n swamplaag in my huis.’ (vers 35) Dit is veelseggend dat die Here ook voorskrifte vir aangetaste klere (13:47-59) en huise (14:33 e.v.) insluit in die reëlings oor siektes. ’n Lid van...
Hoofstuk van die dag (3 Mei 2023): Levitikus 13
Iemand wat ’n velsiekte het wat hom onrein maak, moet geskeurde klere dra en sy hare onversorg laat. Hy moet ook die onderste deel van sy gesig bedek en uitroep: ’Onrein! Onrein!’ (vers 45) ’n Mens kan jou nouliks indink in die ellende waarin iemand met ’n velsiekte...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 12
Hierdie wet is van toepassing op enige vrou wat ’n kind in die wêreld bring, of dit nou ’n seun is of ’n dogter. (vers 7c) Vir ons moderne mense is dit vreemd dat ’n vrou onrein is nadat sy geboorte geskenk het. Dit is egter in lyn met die konsep dat enige afskeiding...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 11
Ek is die Here wat julle uit Egipte laat trek het sodat Ek julle God kan wees. Omdat Ek heilig is, moet julle ook heilig wees. (vers 45) Die reëls oor wat jy mag eet en wat nie, is vir ons moderne Christene soms baie vreemd en selfs onverstaanbaar. Daar het egter twee...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 10
’n Vuur wat van die Here af gekom het, het hulle verteer, en hulle het gesterf in die teenwoordigheid van die Here. (vers 2) Pas nadat Nadab en Abihu saam met hulle pa Aäron as priesters van die Here gewy is, tref hierdie ramp hulle omdat hulle “ongeoorloofde vuur”...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 9
Die heerlikheid van die HERE het aan die volk verskyn: ’n Vuur het van voor die Here uitgegaan en die brandoffer en die vet op die altaar verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en neergeval met hulle gesigte teen die grond. (vers 23b-24, 2020-vertaling)...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 8
Die Here het vir Moses gesê: “Laat Aäron en sy seuns na die ingang van die tent van ontmoeting toe kom.” (vers 1-2a) Aäron sou beslis nie mý keuse vir hoëpriester gewees het nie; nie ná die fiasko met die goue kalf (Eks 32-34) waarin hy so ’n groot aandeel gehad het...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 7
Julle moet die regterboud van die maaltydofferdier as ’n offergawe aan die priester gee. (vers 32) ’n Mens hoor van tyd tot tyd dat iemand brom omdat ’n predikant betaal word vir sy werk. Hy doen dit tog vir die Here, is die argument, en daarom behoort hy nie betaal...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 6
Dit kan gebeur dat iemand sondig en troueloos handel teen die Here deurdat hy sy volksgenoot bedrieg met iets wat in sy bewaring gegee of aan hom geleen is, of sy volksgenoot beroof of hom te kort doen. (vers 2) Wanneer jy iemand anders benadeel, bedrieg of beroof,...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 5
As ’n stuk kleinvee bo die vermoë van die persoon is, bring hy as skuldoffer vir sy sonde twee tortelduiwe of twee ander duiwe vir die Here, een as sondeoffer en een as brandoffer. (vers 7) Dit gebeur soms dat jy iets verkeerds gedoen het, en aanvanklik nie veel...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 4
Wanneer iemand onopsetlik teen enige van die gebooie van die Here sondig en iets doen wat hy nie mag doen nie, moet soos volg gehandel word ... (vers 2) Ons is geneig om te dink dat sonde net oortredings is wat op die naam genoem kan word. Ons dink dit is net die dade...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 3
“Dit is ’n vaste voorskrif vir julle nageslag, waar julle ook al woon: julle mag geen vet of bloed eet nie.” (vers 17) Die maaltydoffer was ’n vrywillige offer wat iemand gebring het. Die idee was dat dit die begin van ’n feesmaal was, waar aanbidders saam in die...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 2
Wanneer iemand vir die Here ’n graanoffer wil aanbied, kan hy meel aanbied ... (vers 1) Die graanoffers was soos die dankoffers wat ons vandag nog ken; ’n offer waarin die aanbidder God eer vir sy goeie gawes, vir die vrug op die land en sy versorging elke dag. Dis...
Hoofstuk van die dag: Levitikus 1
Hy moet sy hand op die kop van die brandofferdier lê sodat dit namens hom aanvaar kan word om oor hom versoening te doen. (vers 4, 2020-vertaling) Offers soos dit in Ou Israel gegeld het, is vir ons vandag ’n heeltemal vreemde gedagte. Vir die Israeliete was dit nie...
Hoofstuk van die dag: Inleiding tot Levitikus
Kyk gerus na hierdie kort video om ’n oorsig oor die boek te kry: https://www.youtube.com/watch?v=WmvyrLXoQio
Views: 60