Die Evangelie volgens Lukas

Lukas is die enigste Evangelis wat nie ‘n Jood was nie. Hy was ‘n opgevoede Griek en heel waarskynlik die mediese dokter na wie Paulus o.a. in Kol 4:14 verwys.

Lukas gee besondere aandag aan die verontregtes en veragtes van die destydse samelewing: vroue en kinders, armes, tollenaars, Samaritane. God se genade is immers vir berouvolle sondaars.

Hy beklemtoon dat God se heilsplan die hele mensdom insluit, en dat Jesus Christus die middelpunt daarvan is.

Die Evangelie volgens Lukas, hoofstuk vir hoofstuk

25 Desember 2023: MARIA SE GELOOF (Luk 1:26-38)

Toe sê Maria: “Kyk, ek is die diensmeisie van die Here. Mag met my gebeur volgens u woord.” En die engel het van haar af weggegaan. (Luk 1:38, 2020-vertaling) Watter prentjie het jy in jou kop as jy aan Maria dink? Elke jaar in die Kerstyd duik Maria as ’t ware weer...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 24

Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan en is Hy in die hemel opgeneem. (vers 51) Die belydenis dat Jesus opgevaar het hemel toe, is die enigste van die Twaalf Artikels wat in die teenwoordige tyd is. Die ander is almal óf in die verlede tyd (Jesus se...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 23

Jesus antwoord hom: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees.” (vers 43) Ek wonder wat die eerste misdadiger gedink het toe Jesus die tweede een die paradys belowe het. Was hy spyt oor sy spot? Daar was egter ook ander wat op daardie donker dag...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 22

Petrus sê vir Hom: “Here, ek is bereid om saam met U selfs gevangenskap en dood in te gaan.” (vers 33) Petrus het geglo sy taak is om die Here te volg en dat hy bereid moet wees om selfs tot die dood toe vir Hom te veg. Daarom pluk hy ’n swaard uit om sy Here te...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 21

Wanneer julle hoor van oorloë en opstande, moenie beangs raak nie, want hierdie dinge moet eers plaasvind, maar dit is nog nie onmiddellik die einde nie. (vers 9) Jesus het gesê dit gaan nie aldag maklik wees nie. Vals stemme, oorloë, aardbewings, hongersnode en...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 20

Hulle kan ook nie meer sterwe nie; hulle is soos die engele. Hulle is kinders van God, omdat hulle uit die dood opgestaan het. (vers 36) Die Bybel gee vir ons hopeloos te min inligting oor die hiernamaals om ons nuuskierigheid te bevredig. Ons sal eenvoudig moet wag...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 18

Jesus het vir hulle ’n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ’n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word. (vers 1) As ek hierdie gelykenis reg verstaan, sê Jesus ons kan ’n saak maar weer en weer voor God se troon bring. Bid oor ’n saak tot jy ’n...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 17

So is dit ook met julle: as julle alles gedoen het wat aan julle opgedra is, sê dan: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.” (vers 10) Die Here Jesus sê: Ons is slawe wat niks verdien nie. Ons kan nie God se guns koop nie....

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 16

Toe die arm man te sterwe kom, is hy deur die engele weggedra na die ereplek langs Abraham. Die ryk man het ook gesterwe en is begrawe. (vers 22) Jesus vertel van twee begrafnisse. Lasarus s’n was die lot van armlastiges. Geen seremonie, geen blomme. Niks. Net ’n...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 15

Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. (vers 28) Jesus het hierdie drie gelykenisse in Luk 15 vertel om die gesindheid van die Fariseërs en skrifgeleerdes aan die kaak te stel (vers 2). Op die voorgrond in al drie gelykenisse is...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 14

Jesus praat toe met die wetgeleerdes en Fariseërs en vra: “Mag ’n mens iemand op die sabbatdag gesond maak of nie?” (vers 3) Die Sabbatsgebod was op ’n stadium in ons eie verstaan van die Bybel ’n baie belangrike kwessie. Meestal is daar baie reguit en simplistiese...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 13

Toe antwoord Jesus hulle: “Dink julle dat hierdie Galileërs groter sondaars was as al die ander Galileërs omdat dit met hulle gebeur het?” (vers 2) CJ Langenhoven het gesê: “Ons is almal ywerig vir die verbetering van ons naaste.” Ons kyk graag veroordelend na ander....

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 12

Toe sê Hy vir hulle: “Pas op en wees op julle hoede vir elke vorm van gierigheid, want ’n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.” (vers 15) Ek was geskok toe ek onlangs lees hoeveel die grootbaas van ’n bekende supermarkgroep kry – R64m...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 11

Jesus was êrens op ’n plek besig om te bid. Toe Hy klaar was, sê een van sy dissipels vir Hom: “Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy volgelinge geleer het.” (vers 1) Die Ons Vader is natuurlik nie die enigste gebed wat ons kan bid nie; dit wil net ’n raamwerk wees...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 10

En tog moet julle nie bly wees net omdat die geeste hulle aan julle onderwerp nie, maar wees veral bly omdat julle name in die hemel opgeskryf is. (vers 20) Ná die suksesvolle sending van die twee en sewentig dissipels, kom hulle vol blydskap terug (vers 17). Die...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 9

(Moses en Elia) het in hemelse glans verskyn en met Hom gepraat oor sy uittog wat Hy in Jerusalem sou voltooi. (vers 31) Daar is drie dinge wat ons hier moet raaksien. *Een:* Ons sien Jesus hier soos Hy werklik is – heilig, heerlik, God! En al kan ons Hom nie met ons...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 8

Toe het al die inwoners van die gebied van die Geraseners vir Jesus gevra om van hulle af weg te gaan omdat hulle baie bang was. Hy het toe in die skuit geklim en teruggegaan. (vers 37) Ná die genesing vra die mense Jesus om weg te gaan omdat hulle vir Hom bang was....

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 7

Toe die Here haar sien, het Hy haar innig jammer gekry en vir haar gesê: “Moenie huil nie!” (vers 13) Ons leer Jesus hier ken as die Een met ’n hart vir mense in nood (vers 13). Sy eerste reaksie toe hy die weduwee sien, was om haar te troos, want sy hart het gebreek...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 6

Geseënd is julle wat arm is, want aan julle behoort die koninkryk van God. (vers 20) Jy sal aanvoel dat dit nie hier bloot gaan om ryk en arm nie. Alle arm mense gaan beslis nie reguit hemel toe nie. En nie alle ryk mense se plek is klaar bespreek in die hel nie. Want...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 5

Jesus klim toe in een van die skuite, die een wat aan Simon behoort, en vra hom om dit ’n entjie van die oewer af weg te stoot. Nadat Hy gaan sit het, het Hy die skare van die skuit af geleer. (vers 3) ’n Mens kan natuurlik nooit té gerus wees dat jy uitgelos gaan...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 4

Hy het by die koppenent van die bed gaan staan en die koors bestraf. (vers 39) Ná Jesus se konfrontasie met Satan in die woestyn het hy Jesus vir ’n tyd lank met rus gelaat (vers 13). Maar Satan verdwyn nie van die toneel nie. Dis asof hy alle moontlike trawante...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 3

(Johannes) het deur die hele Jordaanstreek gegaan en verkondig: Bekeer julle en laat julle doop en God sal julle sondes vergewe. (vers 3) ’n Mens kan jou nogal verwonder oor die presiese manier waarop Lukas Jesus se geboorte in Luk 2:1, en die begin van sy openbare...

read more

Hoofstuk van die dag: Lukas 2

Skielik was daar saam met die engel ’n hemelse menigte wat God loof ... (vers 13, 2020-vertaling) Die hart van enige ouer wil bars van trots by die geboorte van ’n kindjie, en jy nie kan wag om dié nuus met jou vriende te deel nie. Iets daarvan staan ook in Lukas 2....

read more
image_pdfimage_print

Views: 153