Rigters

Die boek Rigters begin waar die groot veggeneraal Josua dood is. Soos dit ongelukkig dikwels gaan, kom daar ná ’n tyd van groot sukses en oorwinning ’n tyd van kwesbaarheid. Mense verslap hulle waaksaamheid. Dit kan tot heelwat probleme en selfs verval lei.
Dit is die verhaal van die Rigtertyd, wat ook al Israel se Donker Eeue genoem is. Morele en maatskaplike anargie tree in, en die kern van die probleem was dat gehoorsaamheid aan God en sy wet ontbreek het. Elkeen doen wat reg is in sy eie oë (Rig 21:25).

Rigters, hoofstuk vir hoofstuk

Hoofstuk van die dag: Romeine 3

Ons betoog is tog dat ’n mens vrygespreek word omdat hy glo, nie omdat hy die wet onderhou nie. (3:28) Om te glo, beteken dat ons ook, soos die Israeliete van ouds by die offeraltaar, in die geloof ons hande op God se offerlam (Christus) moet lê en ons skuld op Hom...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 21

Die volk het vir Benjamin jammer gekry, want die Here het ’n stuk uit die stamme van Israel uitgeskeur. (vers 15) Die Israeliete haal een van die oudste verskonings uit om hulleself te verontskuldig oor die benarde situasie waarin die stam Benjamin hom bevind het....

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 20

Uit Benjamin het dié dag vyf en twintig duisend man geval, manne wat kon veg, almal dapper soldate. (vers 46) Wat ’n sinnelose orgie van geweld! Derduisende sneuwel aan beide kante, totdat daar uiteindelik net 600 Benjaminiete oorgebly het.Hier het dinge op soveel...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 19

Toe die volgende gebeurtenis plaasgevind het, was daar nog nie ’n koning in Israel nie. (vers 1a) Die laaste groot vertelling (Rig 19-21) is ook die mees bisarre en ontnugterende verhaal in die boek Rigters. Dit volg nie kronologies op die Miga-vertelling nie, maar...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 18

Toe sê hy: “Maar julle het my god wat ek gemaak het, gevat en ook my priester, en nou gaan julle weg. Wat het ek nou oor? (vers 24) Die mense van Dan het net soos Miga geredeneer. Hulle wou die tekens van God se teenwoordigheid en guns hê – die efodbeeld en...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 17

Toe sê Miga: “Nou weet ek die Here sal vir my goed wees, want die Leviet het my priester geword!” (vers 13) Miga was baie in sy skik. Hy het sy eie tempel op sy werf gehad, en later tref nóg ’n geluk hom: die grote Moses se kleinseun (Rig 18:30) daag by hom op. Nou...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 16

Maar hy het nie besef dat die Here hom verlaat het nie. (vers 20b) Simson het sy lewe lank geflankeer met die noodlot. As nasireër van God (Rig 13:5) was hy aan God gewy. Dit het ingehou dat hy geen alkohol mag gedrink het, iets onrein eet of aan ’n lyk mag geraak het...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 15

Simson het vir hulle gesê: “As dít is wat julle doen, sal ek nie ophou voordat ek my op julle gewreek het nie.” (vers 7) Simson bly ’n enigma. Hy het alles in sy guns gehad. Die besondere seëninge van die Here het op hom gerus. Hy was onverskrokke en onaantasbaar. Hy...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 14

Sy ouers het nie besef dat dit alles van die Here kom nie, want Hy wou ’n geleentheid skep om die Filistyne te straf: in dié tyd het die Filistyne oor Israel geheers. (vers 4) Die Here se rol in Simson se lewe is, om die minste te sê, raaiselagtig. Daarom moet ons...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 13

Manoag het vir hom gevra: “Wanneer u belofte waar word, hoe moet die kind hom dan gedra en wat moet hy doen?” (vers 12) Ek kan Manoag se vraag baie goed verstaan. Die Engel van die Here (dws die Here God self) vertel dat hulle die ouers van ’n baie besondere kind gaan...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 12

Die mense van Efraim het altyd vir hulle gesê: “Julle mense van Gilead is weglopers uit Efraim en Manasse.” (vers 4b) 42 000 Efraimiete sneuwel by die Jordaandriwwe, en dit oor ’n broedertwis en lank-gekoesterde wrokke. Dis verskriklik. Ongelukkig gebeur sulke dinge...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 11

Jefta het ’n gelofte teenoor die Here afgelê en gesê: “As U die Ammoniete vandag heeltemal oorgee in my mag, sal dié een wat my uit my huis uit tegemoet kom wanneer ek behoue terugkom van die Ammoniete af, aan die Here behoort: ek sal hom as brandoffer offer.” (vers...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 10

Hulle het toe die ander gode tussen hulle uit verwyder en hulle het die Here gedien, en Hy het ’n end gemaak aan hulle swaarkry. (vers 16) God se genade bly my steeds verras. Dit is totaal anders as wat ons dit sou uitdeel. Ons sou dink daar moet darem ’n einde aan...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 9

So het God die onreg gestraf wat Abimelek sy pa aangedoen het toe Abimelek sy sewentig broers vermoor het. (vers 56) Wat ’n afgryslike verhaal van magswellus en sinnelose gewelddadigheid en moord!Abimelek se naam, wat sy pa vir hom gegee het, is veelseggend. Dit...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 8

Gideon sê toe: “Hulle was my eie broers. So seker as die Here leef, ek sou julle laat bly lewe het as julle hulle nie vermoor het nie.” (vers 19) Terwyl die Gideon-verhaal tot by hoofstuk 7 eintlik die verhaal van God se redding en voorsiening was, breek daar nou ’n...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 7

Maar as jy bang is om hulle aan te val, moet jy en jou slaaf Pura eers in hulle kamp ingaan. (vers 10) Gideon het bes moontlik gevoel die Here het hom met ’n slap riem gevang. Hy was bereid om op die Here se bevel teen die Midianiete op te trek, maar nou sit hy met...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 6

Waar is al (die Here se) magtige dade waarvan ons voorvaders ons vertel het toe hulle gesê het: ‘Het die Here ons nie uit Egipte bevry nie?’ (vers 13) Waar is die Here as ons Hom nodig het? Dís wat Gideon hier vra. Die ironie is dat God reeds besig was om in te gryp...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 5

Julle moet die Here prys, want leiers het opgetree in Israel, die volk het hulle aangemeld vir die oorlog. (vers 2) Hierdie lied gee heelwat ander inligting as in hoofstuk 4. In opdrag van die Here kies Debora die Kisonspruit as gevegsterrein, en Sisera se strydwamag...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 4

In daardie tyd was Debora, die vrou van Lappidot, die leier van die Israeliete. (vers 4) Om regtig te verstaan hoe dramaties en verrassend anders hierdie verhaal is, moet ons kyk na die destydse kultuur. Dit was een waar die vrou se plek in die kombuis was, punt. ’n...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 3

Toe het hulle tot die Here geroep om hulp, en Hy het ’n redder vir hulle na vore laat kom ... (vers 15) Twee feite staan vir my uit. Die een is die dodelike houvas van sonde en afvalligheid. Dis soos ’n herhalende tema. In hierdie hoofstuk staan dit twee maal (vers 7...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 2

Al die mense van sy leeftyd het gesterf, en die volgende geslag se mense het nie die Here geken nie. Hulle het ook nie geweet van sy groot dade wat Hy gedoen het om vir Israel te help nie. (vers 10) Hier is rooi ligte net waar jy kyk. En dit begin by die huis. Die...

read more

Hoofstuk van die dag: Rigters 1

Die mense van Aser het tussen die Kanaäniete wat daar gebly het, gaan woon, want Aser het hulle nie verslaan nie. (vers 32) Die boek Rigters begin waar dit groot veggeneraal Josua dood is. Soos dit ongelukkig dikwels gaan, kom daar ná ’n tyd van groot sukses en...

read more
image_pdfimage_print

Views: 102