by Jaco Thom | 21 Jul 2020 | Koerantberigte
Plaaslike korrespondent SILO. – Die weldaad van ’n gasvrye boer het ’n lelike nadraai gehad toe die reisigers aan wie hy slaapplek verskaf het, ’n paar weke later met ’n roofbende teruggekeer het en sy tempel geplunder het. Die ongelukkige man is Miga, ’n boer van die...
by Jaco Thom | 18 Jun 2020 | Soos ek dit sien
Min ander boeke in die Ou Testament beskryf die liefde van God vir sy volk so aangrypend soos Hosea. Die woorde in hoofstuk 11 maal deur my kop toe ek by die profeet se huis aankom: “Maar hoe kan Ek jou prysgee, Efraim? Hoe kan Ek jou laat vaar, Israel? … Ek kan dit nie oor my hart kry nie. My liefde brand te sterk. Ek sal my gloeiende toorn bedwing, Ek sal nie so ver gaan en Efraim uitwis nie, want Ek is God, nie ’n mens nie. Ek is die Heilige wat by jou is, Ek sal nie met woede ingryp nie.”
by Jaco Thom | 2 Jun 2020 | Koerantberigte
OFRA. – Dit was ’n glansgeleentheid vir die stad toe die goue efodbeeld wat Gideon seun van Joas laat maak het, gistermiddag hier onthul is. Hooggeplaastes uit al die stamme van Israel het die geleentheid kom bywoon. Gideon het die efodbeeld laat maak uit sy...
by Jaco Thom | 2 Jul 2019 | Koerantberigte
SINAIBERG. – Die Israelitiese leier Aäron het vanoggend hier aangekondig dat daar môre ’n fees vir die Here gehou sal word. Hy het dié aankondiging gedoen by die onthulling van ’n beeld van ’n bulkalf wat hy op versoek van die volk gemaak het. Die beeld van suiwer...