Die eerste ding wat hom tref toe hy wakker word, is haar oë. Dis anders as die ander oë wat hy al gesien het. Haar oë práát. Hulle vonkel ondeund terwyl sy hom met ’n grashalm al oor sy maag kielie. Toe hy haar aan die pols vasgryp om die gekielie te stop, is haar vel...
Van ons Ou Testament Redaksie EDEN. – Die heel eerste huwelik ooit is vandag hier voltrek toe Adam en Eva deur God in die huwelik bevestig is. Op ’n lieflike lenteoggend het God vir Eva met sy eie hand na Adam gebring. Adam, wat tot vanoggend nog baie eensaam was, was...