Die Bybel begin met ’n beskrywing van die aarde as woes en leeg en donker op die diep waters. Dis hoe die wêreld gelyk het voordat God met sy groot vormingstaak begin het. Die heel eerste ding wat God gesê het, was: “Laat daar lig wees.” Waar God werk, kom daar lig....
God is weg. Dit is die ergste wat enige mens kan ervaar, die diepste put waarin jy gegooi kan word, die moeder van alle krisisse. Daarnaas is alle ander dinge, hoe erg hulle ook al mag wees, kinderspeletjies.
Ons bely elke Sondag met die Twaalf Artikels: Ek glo in Jesus Christus wat gely het, gesterf het en begrawe is, en ter helle neergedaal het. Wat sê dit vir ons? Wat beteken dit? Die Kategismus sê: dit gaan om die Here Jesus se “onuitspreeklike angs, smarte en...
In die duisternis van onwetendheid, wanneer u liefde afwesig lyk, kom dan digby ons, o God, in Christus verlate, in Christus verrese, ons Verlosser en ons Here. vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of...