Jesus se kruisdood was nie ‘n tragiese lot wat oor Hom gekom het nie, maar ‘n doelbewuste en gewillige oorgee van Homself tot in die dood. Dit sien ons in alles wat by die kruisiging gebeur, veral ook waar Jesus uitroep: “Ek is dors!”
In Lydenstyd gaan my gedagtes onwillekeurig telkens na twee gebeure wat in die laaste week van die Here Jesus se lewe afgespeel het. Die een is waar Hy op ’n donkie die stad inkom met ’n jubelende skare om Hom wat Hom met wuiwende palmtakke toeroep (Markus 11:9):...
O Here, wees ons, sondaars, genadig! Ons wat ook soos Judas so geneig is om sommetjies te maak as ons ons lewe voor U bedink. Ons wat uitreken wat ons gaan kry in ruil vir dit wat ons gee vir U en vir u kerk.Maak ons soos Maria, Here, wat nie vra wat dit ons kos nie....
Lydenstyd is die oudste kerklike fees, en het al in die vroegste eeue ontstaan. Dit is ’n reis van 40 dae, na aanleiding van Jesus se vastyd in die woestyn aan die begin van sy openbare bediening, wat vir Hom ’n tyd van toewyding en voorbereiding vir sy taak was....