Luk 5:1-11 Die Here se aanspraak op jou lewe
“Op ’n dag …” Só begin Lukas hierdie verhaal vir ons vertel. Die dag het maar net soos al die ander dae begin vir Simon. Nee, dis nie waar nie. Die dag het baie sleg begin, want, só sê hy self vir Jesus: “… ons het die hele nag deur geswoeg sonder om iets...Jer 1:5 God, jy en jou roeping
God se werk in jou en my lewe het baie lank gelede al begin. Dit het begin voor ons nog mens was. Tóé het Hy al besluit dat Hy jou en my wil gebruik in Petrusburg in 2022. God beplan deeglik, en lank vooruit. Jou en my deelwees van sy werk in Petrusburg is nie toevallig of nou maar een van daardie dinge nie. God het sy huiswerk deeglik gedoen. Hy het baie tyd en energie en beplanning in jou belê. Want jy, en die rol wat jy in sy Koninkryk moet speel, is vir Hom verskriklik belangrik.

Gal 1:15-17 Deur God verlos om met ’n doel te leef
Gal 1:11-24 Paulus was nie ’n man wat kon sit en niksdoen nie. Hy het nie ’n lui haar op sy kop gehad nie. Hy het sy hele lewe lank, in alles wat hy gedoen het, voluit gegaan vir ’n saak. Daarom was hy op pad Damaskus toe (Hand 9), want dit was nie vir hom genoeg om...