

Joh 21:1-19 Tyd met Jesus, tyd vir mekaar
Kom ons probeer ons indink in die situasie van die dissipels in ons gelese gedeelte. ’n Paar dae gelede (nie meer as twee weke nie, skat ek) het hulle die mees dramatiese tyd van hulle lewe beleef. Hulle rabbi Jesus is gevang en gekruisig. Hulle was verpletter, want...
Waarheen jaag ons?
G’n wonder nie dat ons sukkel om by mekaar uit te kom! Niemand het meer tyd nie. Ons jaag ons dood van die een ding na die ander, val saans poot-uit in die bed en sleep ons die volgende dag weer met loutere wilskrag na die ontbyt-tafel.

PROFEET STRIEM VOLK OOR VERWOESTE TEMPEL
Van ons Ou Testament redaksie JERUSALEM. – Die profeet Haggai het gister in ’n preek die inwoners van Jerusalem skerp aangevat oor hulle teësinnigheid om die tempel te herstel. Haggai het die mense se verskoning dat hulle nie tyd het om die tempel te herbou nie, as ’n...