Waarheen jaag ons?
G’n wonder nie dat ons sukkel om by mekaar uit te kom! Niemand het meer tyd nie. Ons jaag ons dood van die een ding na die ander, val saans poot-uit in die bed en sleep ons die volgende dag weer met loutere wilskrag na die ontbyt-tafel.