Gebed vir hemelvaart

Ons eer U, Here van hemel en aarde,
aan U kom toe die heerlikheid en lof vir ewig.
Uit die duisternis van die dood het U u Seun verhoog
tot aan die regterhand van u majesteit omhoog.
Die Wegbereider van ons geloof het sy lyding volbring.
Hy het die pad hemel toe vir ons gebaan
en aan ons die beloofde Gees gestuur.
Mag ons gewillig wees om die Weg te volg
en só in die heerlikheid van sy teenwoordigheid te kom
waar liedere van oorwinning vir altyd opklink.
Ons eer U, Vader, Seun en Heilige Gees.

vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England




Gebed vir Paasfees

vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England

Here van alle lewe en mag,
deur die magtige opstanding van u Seun
het U die ou orde van sonde en dood oorwin
en alles in Hom nuut gemaak:
Gee dat ons, wat dood is vir sonde
en leef vir U in Jesus Christus,
met Hom mag heers in heerlikheid.
Aan Hom kom toe lof en heerlikheid, eer en mag
saam met U en die Heilige Gees,
nou en in alle ewigheid.




Gebed van St Patrick