Jaco se Bybelkoerant
meer as net ’n Bybelblog
die ou-ou tyding in ’n nuwe baadjie
Die Bybel praat nog
Die Bybel is nie net ’n versameling antieke verhale nie. Dit is die lewende Woord van God wat vandag nog met ons lewe praat.
Hier kyk ons met nuwe oë na die ou-ou verhale — na mense, gebeure en geloofsvrae wat dalk duisende jare oud is, maar steeds verrassend naby aan ons eie lewe kom.
Jaco se Bybelkoerant wil jou help om die Bybel beter te verstaan, daaroor te dink en daarin iets van God se stem vir vandag te hoor.
Die ou-ou tyding in ’n nuwe baadjie.
Wat jy hier kan lees
Bybelkarakters
Mense in die Bybel by wie ons kan leer
Preke
Lees, kyk of luister na my preke
Geloof en lewe
Nadenke oor hoe die Bybel vandag met ons praat
Gebede
My eie en vertaalde gebede
Dagstukkies
Die ou-ou boodskap vir vandag
Kortverhale
Verhale uit die Bybel en uittreksels uit my boeke
Nuutste uit Die Bybelkoerant
vars perspektiewe op die ou-ou verhaal

Daardie eerste vonkie …
Saam lees: Lees Gen. 2:4-25 Saam oordink: Dit was die wonderlikste oomblik in Adam se jong lewe, daardie moment toe hy uit die slaap wakker word, en hier kom die mooiste lewende wese wat hy nog gesien het, na hom toe aangestap: die vrou wat die Here vir hom gemaak...
Gewild onder lesers
Hoe moet ek dit verstaan? 24
Die Uitverkiesing Die UitverkiesingWanneer ’n mens oor die uitverkiesing begin praat, is dit dikwels asof mense ’n vaalte oor die oë kry. Party sê openlik hulle wil nie daaroor praat nie, want dit maak hulle onseker of selfs bang. Hoe weet jy jy is uitverkies? Hoe...
Hoofstuk van die dag: Maleagi 3
Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik...
Hoofstuk van die dag: Jesaja 54
Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar my liefde vir jou sal nooit verdwyn nie, my vredeverbond met jou sal nooit wankel nie, sê die Here, wat jou liefhet. (vers 10) Dis aaklig om te leef in die vrees dat jou sekerhede onder jou uitgeruk kan word. Dan bly die angs...
Hoofstuk van die dag: Jesaja 52
Hoe wonderlik klink op die berge die voetstappe van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede aankondig, wat die goeie tyding bring, wat redding aankondig, wat vir Sion sê: “Jou God is Koning!” (vers 7) Ons roeping in die wêreld is om hoop te bring waar ander...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 4
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. (vers 7) Dié stelling van Paulus bevat ’n baie belangrike perspektief oor ons lewe as gelowiges. Dit gaan nie oor ons nie. Óns is nie die...
Die man is die hoof van die huis, dan nie?
’n Mens sou die vraag ook só kon vra: Watter gesag het die man in die huis en leer die Bybel ons dat die vrou gelyk is aan die man? Dié vraag is so oud soos mensdom; of liewer, byna so oud. Dié vraag sou nooit in die Tuin van Eden ter sprake gekom het nie. Ons lees in...
“Die hemel en die aarde sal tot ’n einde kom, maar my woorde sal beslis nie tot ’n einde kom nie.”
— Matteus 24:35
Boeke
Kyk ook na my ander boeke →
Die verhale van die Bybel hou nooit op om ons te boei nie. In my boeke vertel ek van hierdie verhale op ’n manier wat die Bybelse wêreld nader aan ons eie lewe bring.

Die Groot Bybelkoerant
’n Reis deur die Bybel — van Genesis tot Openbaring — in die styl van ’n koerant.
Lees meer →

Jesus, die Messias van God
’n Reis deur die lewe, bediening, lyding en opstanding van Jesus — die Messias van God.

Lea met die sagte oë
Die verhaal van Lea, 'n vrou wat dikwels in die skadu van haar suster Ragel staan — maar wie se verhaal ons opnuut laat kyk na God se genade.
Lees meer →
Bly op hoogte
Moenie ’n nuwe artikel misloop nie.
Ontvang van tyd tot tyd ’n e-pos wanneer daar iets nuuts op Jaco se Bybelkoerant verskyn.
Geen gemorspos nie. Net nuwe artikels en nuus uit Jaco se Bybelkoerant.
Teken in op die nuusbrief →
Meer oor Jaco Thom
Ek was nog altyd baie lief vir die Bybel, en hou ouer ek word, hoe beter verstaan ek dat my roeping presies hier lê: om die Bybel vir mense toeganklik te maak.
Alles wat ek skryf, het hiermee te make. My gebed is dat hierdie deel van my skryfwerk ook vir jou sal help om elke dag met groter verwondering voor God te leef.

My bediening is daarop gemik om die Bybel meer toeganklik vir die moderne leser te maak.
Ek ontvang graag voorstelle en kommentaar oor hoe ek dit beter kan doen, so skryf asb!
Laat hoor van jou!
Jaco se Bybelkoerant
My adres
Barend Wessels Gedenksentrum 48,
NP van Wyk Louwstraat 6,
Langenhovenpark
Bloemfontein 9301
Selfoonnommer
Views: 41714











