Die Bybelkoerant-konsep

Dit is ‘n merkwaardige feit dat ‘n baie groot deel van die Bybel uit verhale bestaan. Dit is in dié verhale wat ons die Skrywer ágter die verhale beter leer ken. Die Bybel is immers God se storie, al is dit deur mense geskryf.

Ons het al so gewoond geraak aan die Bybelverhale dat ons dikwels die verrassende en unieke daarin miskyk. Deur die Bybelverhale in die vorm van koerantberigte te lees, dwing dit jou om nuut na die teks te kyk, en telkens verwonderd te staan oor hoe God met ons op pad is.

Moenie deur die berigte storm nie; gebruik genoeg tyd om dit rustig te lees, én natuurlik die oorspronklike berig soos dit in die Bybel self opgeteken is. Dít is immers God se Woord aan ons!

image_pdfimage_print

Views: 237