
Gebede
Gebed vir vroue en almal wat deur geslagsgeweld geraak word
Here God, ons kom vandag na U met swaar harte. Ons dink aan vroue en meisies wat met geweld, mishandeling, verkragting en vrees leef; aan dié wat vermoor is; en aan almal wat agterbly en rou. Wees naby aan diegene wat seergekry het. Gee hulle veiligheid, genesing en...
Gebed oor misdaad en geweld
Here, onse Here! In ’n wêreld wat U nie ken en eer nie, in ’n wêreld waarin dit vir ons lyk asof die duiwel baas is, in ’n wêreld waarin ons onseker en ook onveilig voel – in hierdie wêreld wil ons U dien. En daarom staan ons met stukkende harte voor U, met soveel...
’n Gebed vir Nasionale Vrouedag
Hemelse Vader, Op hierdie Nasionale Vrouedag kom ons met dankbare harte na U. Ons dank U vir elke vrou wat U na u beeld geskape het – elke moeder, ouma, dogter, suster, eggenoot en vriendin. Dankie vir die unieke gawes waarmee U hulle toegerus het: liefde wat versorg,...
Gebed ná die prediking
Ons dank U, Here, vir u Woord, wat ons vanoggend opnuut weer diep laat nadink. Ons dank U, Here, vir u Wet, wat vir ons die pad aandui waarop ons moet loop. Ons dank U, Here, vir Uself. Dankie dat U dit nog steeds met ons waag, al is ons mense wat u telkemale...
Epiklese-gebed nav (onder andere) Openb 1:12-20
Here ons GodOns aanbid u vanoggend as die Heer van alle here, as die Koning van die konings. Ons aanbid U as die Skepper en Onderhouer van die heelal, U wat gepraat het, en dit was daar, U wat met ’n enkele magswoord die ganse skepping in aansyn geroep het. Hoe groot...
Gebed vir hemelvaart
Ons eer U, Here van hemel en aarde,aan U kom toe die heerlikheid en lof vir ewig.Uit die duisternis van die dood het U u Seun verhoogtot aan die regterhand van u majesteit omhoog.Die Wegbereider van ons geloof het sy lyding volbring.Hy het die pad hemel toe vir ons...
Waar is Jesus nou?
Jesus is nie meer hier nie. Hy’s weg.’n Wolk het Hom hemel toe gevat.Jesus, waar is U? Ons het U hier op aarde nodig;u vriendelike oë, u helende hande, u troostende teenwoordigheid.U is nie meer op aarde nie, Here. En tog – U raak steeds die stukkendes aan met sagte...
Gebed vir Paasfees
vertaal uit The Archbishops’ Council of the Church of England Here van alle lewe en mag,deur die magtige opstanding van u Seunhet U die ou orde van sonde en dood oorwinen alles in Hom nuut gemaak:Gee dat ons, wat dood is vir sondeen leef vir U in Jesus Christus,met...
Gebed van St Patrick
Christus met my, Christus in my, Christus agter my, Christus voor my, Christus langs my, Christus om my te wen, Christus om my te troos en te vernuwe, Christus onder my, Christus bokant my, Christus in stilte, Christus in gevaar, Christus in die hart van almal wat my...
Views: 509







