Bybelkarakters
In hierdie rubriek gaan ek sketse oor die Bybelse karakters plaas.

Dina, die meisie wat verkrag is
Genesis 34 Uit my boek "Skaduvroue in die Bybel" Die getuienis lyk verdoemend, en jy skud jou kop ewe meerderwaardig. Ja-nee, sy is skuldig, en klaar. Dis in elk geval hoekom Dina in hierdie boek is. Ek bedoel, wat het sy daar in Sigem gesoek, tussen die klomp...
Ragel, die vrou wat alles gehad het
Genesis 29-31 uet my boek "Skaduvroue in die Bybel" Ek was self ook verbaas toe ek Ragel se naam by die lys van die sogenaamde slegte vroue van die Bybel gevoeg het. Ragel? Wat soek haar naam tussen die Hagars en die Isebels en Atalias van die Bybel? Ek weet nie...
Jakob
Die man wat almal wou inloop Sy verhaal As dit net nie so donker was nie, kon hy gesien het met wie hy nou al die hele nag lank stoei. Maar hy is seker dit moet Esau wees. Wie anders sal hom stilletjies in die nag probeer oorweldig waar niemand dit kan sien...
Esau
uit my boek "Mans uit die Bybel" Die man wat vir die genot van die oomblik geleef het Sy verhaal Sy skouers brand van die gewig van die bok wat hy geskiet het, en hy is bly toe hy uiteindelik hulle tente voor hom in die laagte sien. Dit was ’n lang dag.’n Rokie krul...
Eliëser
uit my boek Mans uit die Bybel Die man wat slim genoeg was om nie op sy eie ’n groot besluit te neem nie Sy verhaal “Hoe gaan Oom vir meneer Isak ’n vrou kry?” vra Heber vir die soveelste keer, die verontwaardiging bitter in sy keel. “Hier kom ons die hele lange ent...
Job se vrou, wat haar man in die steek gelaat het toe hy haar die nodigste gehad het
Job 1:1-2:10 uet my boek "Skaduvroue in die Bybel" Die huweliksformulier vereis van man en vrou om mekaar by te staan as dit goed gaan én as dit sleg gaan. Toe jy voor die kansel gestaan het, was dit maklik om dit te belowe. Jy en jou bruidegom was immers jonk...
Views: 85






