Agtergrond

Die beskerming van persoonlike inligting is nou meer as ooit noodsaaklik omdat die ontwikkeling van die elektronika die risiko nog groter maak dat dit misbruik kan word en mense se privaatheid geskend kan word.

Die sg. POPIA-wet is van toepassing op enige instansie, maatskappy of organisasie wat op een of ander wyse persoonlike inligting prosesseer. Die Wet geld dus ook vir Jaco se Bybelkoerant. Vir die vereistes van die wet is ek, Jaco Thom, die verantwoordelike persoon om toe te sien dat Jaco se Bybelkoerant aan die wetlike vereistes te voldoen.

Die prosessering van inligting word baie wyd deur die Wet gedefinieer. In terme van POPIA beteken prosessering van inligting enige aksie of aktiwiteit (meganies, outomaties of elektronies) wat die volgende insluit, maar nie daartoe beperk is nie: versameling, ontvangs, opname, organisering, berging, opdatering, herwinning, verspreiding, samesmelting, vernietiging en uitwissing van data.

 

Inligting op my stelsel

Om aan die vereistes van die wet te voldoen, moet Jaco se Bybelkoerant verlof kry van almal in sy adres-databasis om die inligting wat deur hulle verskaf is, te mag stoor en te gebruik in die bedryf van die webwerf vir so lank as wat die webwerf in gebruik is.
Die inligting wat ek van jou het, is is slegs dit wat jy verskaf het toe jy op my epos-bediening ingeteken het. Dit is tipies jou naam en van en epos-adres, en moontlik ook ‘n selfoonnommer..

Hierdie inligting word deur my elektronies gestoor en geïnkripteer en met ’n wagwoord beveilig. Ek is ook die enigste persoon wat toegang tot die inligting het. Dit word vir die uitsluitlike doel van kommunikasie met die intekenaars gebruik en sal nooit met enige ander persoon of instansie gedeel word nie. Die inligting sal dus op geen manier op die privaatheid van die intekenaar inbreuk maak nie.

 

Toestemming

Ten einde aan die vereistes van die wet te voldoen, is dit nodig dal elke intekenaar toestemming moet gee dat sy of haar data soos hierbo genoem, deur my gestoor kan word. Intekenaars kan ook te eniger tyd uitteken uit een of al die verspreidingslyste. 

Intekenaars het ook die reg om navraag te doen oor watter inligting van oor hom of haar op my stelsel gestoor word, en kan versoek dat regstellings gemaak word of dat die inligting geskrap moet word.

Indien jy enige vrae het, kontak my asb by info@bybelkoerant.co.za.

 

Wat jy moet doen

Indien jy gemaklik daarmee is dat jou inligting veilig is by my, hoef jy niks te doen nie. Ek sal dan aanvaar dat jy stilswyend toestemming gee dat ek jou inligting mag stoor en gebruik vir die uitsluitlike doen van die webwerf se epos.

Indien jy nie gemaklik is dat ek die inligting op my stelsel stoor nie, kan jy op hierdie epos antwoord (“reply”) en vra dat ek jou van my databasis afhaal. Ek sal dit onmiddellik doen, en jy sal nie weer epos van my ontvang nie.

image_pdfimage_print

Views: 60

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.