Dawid, gesalfde van die Here
Die dramatiese verhaal van koning Dawid en sy seun Absalom, wat uiteindelik lei tot Absalom se staatsgreep.
Die dramatiese verhaal van koning Dawid en sy seun Absalom, wat uiteindelik lei tot Absalom se staatsgreep.
Die Bybelroman is verhaal van die Bybel van Genesis tot Openbaring, oorvertel in romanvorm. Dit is in twee volumes verdeel; Genesis tot met Jesus se hemelvaart (Vol 1; 488 pp) en ná hemelvaart tot by Openbaring (Vol 2; 369 pp), so jy sal lekker lees, en sodoende ‘n oorsig oor die hele Bybelse verhaal kry.
Josef se storie.
In die Bybel is daar min verhale wat ’n mens so aangryp en ontroer soos die Josefverhaal. Die Josefverhaal is egter baie meer as net ’n Aspoestertjiestorie. Want die verhaal gaan nie net oor die wedervaringe van Josef nie. Dit gaan selfs nie eens in die eerste plek oor Josef nie. Dit gaan oor God se handelinge met sy volk.
Met hierdie fassinerende weergawe van een van die mees geliefde helde van die Ou Testament, plaas Jaco Thom die bekende Bybelse gebeure in ’n nuwe perspektief: dat ’n mens nie ander mense wat jou seergemaak het tot ’n skuldbelydenis kan dwing en dink jy gaan só tot versoening kom nie. Egte versoening en vergifnis kom as jy jou arms oopgooi en mense na jou toe trek voordat hulle nog om vergifnis (kon) vra.
Hierdie een is een van my gunstelinge, oor Nehemia. Siestog, die stomme goewerneur was taamlik eksentriek en het baie persoonlike uitdagings gehad. Ek het baie van hom gehou.
CBSA-toekenning vir Beste Publikasie in die kategorie “Fiksie” (derde plek)
‘n Roman oor engele in diens van God en die mens
Die boek vertel die verhaal van die wêreld, van die skepping tot met die wederkoms, gesien vanuit die perspektief van die engele.
Die verhaal van Ester, hervertel teen ‘n moderne agtergrond.
Opvolg op my roman Die Goewerneur. Dit gaan oor die werk van die priester Esra, wat saam met Nehemia ‘n hervorming bewerkstellig het.
Die verhaal van Abraham, die vader van die gelowiges, en sy vrou Sara. Hulle moes leer dat God se beloftes genoeg is, al verstaan jy nie aldag hoe God met jou besig is nie.
God se sorg vir ons is baie meer omvattend as wat ons dink. In hierdie opwindende verhaal leer ons dit verstaan aan die hand van Elsabet, ‘n gebroke vrou, en haar kollegas by ‘n kleindorpse dagblad.