Die Hemelbodes (gedruk en eBoek)

‘n Roman oor engele in diens van God en die mens

Die boek vertel die verhaal van die wêreld, van die skepping tot met die wederkoms, gesien vanuit die perspektief van die engele.

Die boek is oorspronklik uitgegee in 1999. Ek het dit nou self laat herdruk.
Dit beslaan 291 bladsye en kos R220 (koerierkoste uitgesluit). Die elektroniese (ePub)-weergawe kos R150.
Kontak my by jaco@bybelkoerant.co.za as jy belangstel.




Die Skrifgeleerde

Die boek is ‘n opvolg op Die Goewerneur, en handel oor die priester Esra.

Gedrukte weergawe is R220 (koerierkoste uitgesluit), en in ePub @ R150.

Kontak my by jaco@bybelkoerant.co.za as jy belangstel. Meld watter formaat jy verkies.

My bankbesonderhede is hier 




Nuwe eBoek op my webwerf

Die Goewerneur is die verhaal van die Bybelse karakter Nehemia.

Dit is oorspronklik uitgegee deur CUM, 2001.

Hierdie een is een van my gunsteling-karakters. Siestog, die stomme goewerneur was taamlik eksentriek en het baie persoonlike uitdagings gehad. Ek het baie van hom gehou.

Ek het die CBSA-toekenning vir Beste Publikasie in die kategorie “Fiksie” (derde plek) vir dié boek verower in 2002.

Jy kan die boek by my bestel by jaco@bybelkoerant.co.za. Laat weet of jy dit in ePub- of mobi-formaat wil hê. Dit kos R100.

My bankbesonderhede is hier.