Dawid, gesalfde van die Here
Die dramatiese verhaal van koning Dawid en sy seun Absalom, wat uiteindelik lei tot Absalom se staatsgreep.
Die dramatiese verhaal van koning Dawid en sy seun Absalom, wat uiteindelik lei tot Absalom se staatsgreep.
Die laaste boek in die eindtydroman-trilogie. Die ander twee is “Soos ‘n engel van die lig” en “Soos ‘n brullende leeu”.
Die Bybelroman is verhaal van die Bybel van Genesis tot Openbaring, oorvertel in romanvorm. Dit is in twee volumes verdeel; Genesis tot met Jesus se hemelvaart (Vol 1; 488 pp) en ná hemelvaart tot by Openbaring (Vol 2; 369 pp), so jy sal lekker lees, en sodoende ‘n oorsig oor die hele Bybelse verhaal kry.
Josef se storie.
In die Bybel is daar min verhale wat ’n mens so aangryp en ontroer soos die Josefverhaal. Die Josefverhaal is egter baie meer as net ’n Aspoestertjiestorie. Want die verhaal gaan nie net oor die wedervaringe van Josef nie. Dit gaan selfs nie eens in die eerste plek oor Josef nie. Dit gaan oor God se handelinge met sy volk.
Met hierdie fassinerende weergawe van een van die mees geliefde helde van die Ou Testament, plaas Jaco Thom die bekende Bybelse gebeure in ’n nuwe perspektief: dat ’n mens nie ander mense wat jou seergemaak het tot ’n skuldbelydenis kan dwing en dink jy gaan só tot versoening kom nie. Egte versoening en vergifnis kom as jy jou arms oopgooi en mense na jou toe trek voordat hulle nog om vergifnis (kon) vra.
Hierdie een is een van my gunstelinge, oor Nehemia. Siestog, die stomme goewerneur was taamlik eksentriek en het baie persoonlike uitdagings gehad. Ek het baie van hom gehou.
CBSA-toekenning vir Beste Publikasie in die kategorie “Fiksie” (derde plek)
“As hierdie storieman nie rasende Bybellesers van ons almal maak nie, dan weet ek nie.”
Só skryf die bekende joernalis Rykie van Reenen met die verskyning van Jaco Thom se eerste Bybelkoerant in 1996. Dié knap, vernuwende aanbieding van vertroude Bybelverhale as moderne koerantberigte was so gewild dat Die Tweede Bybelkoerant, asook ’n Engelse vertaling en verskeie herdrukke, flink gevolg het.
Nou het die bekende skrywerpredikant met ’n oog vir ’n storie al die berigte uit die eerste twee Bybelkoerante, plus nog ’n paar nuwes, bygewerk vir die hersiene Die Groot Bybelkoerant.
Die Bybelgeskiedenis word opnuut ontsluit in 188 daaglikse koerante. Vir die leser wat dadelik meer te wete wil kom oor die storie agter die nuus, verskyn teksverwysings onderaan elk van die bykans 500 berigte. Persoonlike aankondigings, advertensies en lesersbriewe herskep die Bybelse leefwêreld, terwyl redaksionele kommentaar die Bybelse boodskap vir die moderne leser ontsluit.
‘n Roman oor engele in diens van God en die mens
Die boek vertel die verhaal van die wêreld, van die skepping tot met die wederkoms, gesien vanuit die perspektief van die engele.
Die verhaal van Nehemia en Esra. Dit is ‘n saamgestelde van die oorsponklike “Die Goewerneur” en ” Die Skrifgeleerde”. Saam het hulle ‘n algehele hervorming van die Joodse samelewing en godsdienstige lewe bewerkstellig.
Die verhaal van Ester, hervertel teen ‘n moderne agtergrond.