Die skrifgeleerde

Opvolg op my roman Die Goewerneur. Dit gaan oor die werk van die priester Esra, wat saam met Nehemia ‘n hervorming bewerkstellig het.




Die verhaal van Dawid

Teen die agtergrond van die politieke en godsdienstige onrus van die Ou Testamentiese tyd kon dié verhaal maklik ’n hoofberig in vandag se koerant gewees het.

Bendeleier, egbreker, moordenaar …

Maar ook koning, psalmdigter en man na God se hart.

Deur al die wisselvallighede van sy lewe het Dawid lojaal gebly aan Jahwe sy God. In alles het hy op Jahwe en sy beloftes alleen vertrou. Selfs toe hy gruwelik gesondig het en gestraf is, het hy sy oog op Hom gevestig gehou.

In hierdie verbeeldingryke, Woordgetroue weergawe van die geskiedenis van een van die bekendste konings in die Ou Testament, kry Dawid gestalte as ’n gewone man wat buitengewone dinge gedoen het. Sy strewes, tekortkominge en verhoudings met die talle karakters wat deel is van sy verhaal, maak hom iemand met wie moderne mense hulle kan vereenselwig.

Die verhaal van DAWID bring hoop vir mense wat duisende jare ná hom leef. God gebruik steeds mense wat soms struikel om sy werk te doen. ’n Diep geestelike verhouding met ons Skepper is ook vir ons moontlik soos dit vir Dawid was.

Hierdie grootse verhaal van liefde en geloof uit die antieke geskiedenis word op ’n vars manier aangebied vir mense wat in die onstuimige tye van die 21ste eeu leef.




Die vreemdeling

Die verhaal van Abraham, die vader van die gelowiges, en sy vrou Sara. Hulle moes leer dat God se beloftes genoeg is, al verstaan jy nie aldag hoe God met jou besig is nie.




In die skadu van ‘n engel

God se sorg vir ons is baie meer omvattend as wat ons dink. In hierdie opwindende verhaal leer ons dit verstaan aan die hand van Elsabet, ‘n gebroke vrou, en haar kollegas by ‘n kleindorpse dagblad.




Jesus (Yeshua)

die Messias van God

In hierdie roman doen Nikodemus navorsing oor wie Jesus is. Ons beleef saam met hom die laaste week van Jesus se lewe. Ek beveel die boek aan om te lees in die Lydenstyd,




Lea, met die sagte oë

Hierdie is die verhaal van Lea, Jakob se eerste vrou. Sy is ongeliefd, want Jakob het net oë vir haar suster Ragel. Sal sy ooit die plek in Jakob se hart verower waarop sy as eerste vrou geregtig is?




Lees die Bybel saam met my (deel 1)

In kort oordenkings lees ons die Bybel, hoofstuk vir hoofstuk. Hierdie boek het oordenkings vir ‘n jaar.




Lees die Bybel saam met my (deel 2)

In kort oordenkings lees ons die Bybel, hoofstuk vir hoofstuk. Hierdie boek het oordenkings vir ‘n jaar.




Lees die Bybel saam met my III

Hierdie is die 3de boek in die reeks, waarin ek ‘n oordenking vir elke hoofstuk van die Bybel geskryf het. Dit bestaan uit 365 bladsye. Hierdie boekie behandel die Bybelboeke Levitikus, Numeri, Josua, 1 en 2 Konings, Ester, Job, Esegiël, Hosea, Obadja, Sefanja, Haggai, Markus, Lukas, 2 Korintiërs, Efesiërs, Filippense, Kolossense, 1 & 2 Timotus, Hebreërs, Jakobus en 1, 2 en 3 Johannes.