Mans uit die Bybel

52 verhale van mans uit die Bybel, met aantekeninge en oordenkingsvrae daarby. 216 bladsye




Maria, die ma van God se Seun

Maria se lewe word omgedop, die dag toe die engel haar kom besoek. Nooit het sy kon dink dat haap “ja” vir God haar lewe só ingrypend sou verander nie. Dit het ál haar verhoudings beïnvloed, die meeste van alles haar verhouding met God. God was nie meer net God nie; Hy was nou ook haar Seun se Vader. En haar Seun het soms baie vreemd opgetree. Sy het soms nie geweet wat om met Jesus te maak nie. Haar ander kinders het ook gesukkel om vrede te maak met hulle  oudste broer. As ma moes sy alles in die stryd werp om haar gesin bymekaar te hou.

Maria moes leer …
• haar eie drome en ideale kan nooit voor God se meesterplan inskuif nie
• haar wonderlike Seun is in baie opsigte ook ‘n vreemde Seun, met ‘n eie roeping
• om God lief te hê, al is Hy baie anders as wat sy gedink het
• dat God nie altyd inpas in háár prentjie van Hom nie.

Eers toe Maria hierdie dinge leer, kon sy vrede met God maak, en haar spesiale plek in sy plan met dankbaarheid aanvaar. Hierin het sy ‘n gelowige vrou geword wat ons elkeen kan navolg.




Paulus, die dertiende aposte.

Die aangrypende verhaal van Saul wat dramaties op die Damaskuspad tot bekering kom, en uiteindelik een van die hooffigure in die vroeë kerk geword het.




Soos ‘n brullende leeu

‘n Eindtydroman. Tweede boek in trilogie oor die Hongaarse nyweraar Miklós Balázs se  poging om die kerk te omvorm in ‘n sentrum van Satan-aanbidding.

Die ander twee boeke is “Soos ‘n engel van die lig” en “Die Antichris”.




Soos ‘n engel van die lig

‘n Verhaal oor die eindtyd, verval en geloofsvertwyfeling. Dit is die eerste boek in ‘n trilogie, saam met “Soos ‘n brullende leeu”, en “Die Antichris”.




Voor ons gaan slaap

Ek en my vrou Elmien het hierdie saamlees-praat-beplan-bidboek vir egpare saam geskryf in 1998. In 2015 het ds Sors Geldenhuys die boek weer laat druk vir sy seminare vir huwelkspaartjies en verloofdes.

Die boek bevat 65 onderwerpe en beslaan 163 bladsye.