Boek-idees vir Kersfees
Dis weer daardie tyd van die jaar dat ‘n mens moet dink oor Kersfeesgeskenke. Ek het ‘n kollega gehad wat elke jaar gesê het hy wil ‘n groot en duur Kersgeskenk hê. Dis nie hoe ek oor die saak dink nie. Ek het grootgeword met die idee dat ‘n Kersgeskenk nie duur moet wees nie, maar tog sinvol. Koop liewer die nuwe fiets of horlosie of tablet vir jou geliefde kind op ‘n ander tyd.
Ek het ‘n hele paar boeke geskryf wat ideaal vir Kersfees sal werk. Jy kan gerus hier na al my boeke kyk.
Ek wil die volgende aan die hand doen:
- Maria, die ma van God se Seun
- Jesus, die Messias van God
- Lea met die sagte oë
Effens duurder is
- Paulus, die dertiende apostel
- Die Groot Bybelkoerant
- Die Bybelroman
Ek hoop dit help jou!
‘n Vroeë geseënde Kersfees jou toegebid.
