Boeke te koop

Ek is besig om stelselmatig my boeke te laat herdruk of digitaal te publiseer.
As jy ‘n boek van my soek en dit nêrens te koop kry nie, kontak my gerus, dan maak ons ‘n plan.

Die Hervormers

Die verhaal van Nehemia en Esra, wat die godsdienstige lewe van die Jode vir altyd verander het. Dit is ‘n samevoeging van twee boeke: Die Goewerneur (oor Nehemia) en Die Skrifgeleerde (oor Esra). Die boek kos R250, plus koerierkoste.

Die verhaal van Dawid

Die onstuimige verhaal van koning Dawid, van sy skaapwagtersdae tot aan die einde van sy lewe. Gedruk @ R220 plus koerierkoste eBoek @ R150

Maria, die ma van God se Seun

Die verhaal van Maria. Die boek kos R220 (koerierkoste uitgesluit), en die eboek R150.

Die Dromer

Die verhaal van Josef en sy stryd om vergifnis en versoening. Die eboek is R150, en die gedrukte weergawe is R220, plus koerierkoste.

Die Groot Bybelkoerant

Die Groot Bybelkoerant kos R350 plus koerierkoste.

Lees die Bybel saam met my II

Hierdie is die 2de boek met dagstukkies uit my rubriek “Lees die Bybel saam met my”. Dit bevat 365 oordenkings. Dit kos R200, plus koerierkoste. Bestel dit by jaco@bybelkoerant.co.za

In die skadu van ‘n engel

God se sorg is baie meer omvattend as wat ons verstaan. In hierdie roman verwoord ek iets van die engele se betrokkenheid by ons lewens. Dit kos R220 plus koerierkoste. Die e-boek kos R150.

Dawid, gesalfde van die Here

Die dramatiese verhaal van koning Dawid en die staatsgreep van sy seun Absalom. Die gedrukte boek kos R220 (koerierkoste uitgesluit); die eBoek kos R150

Die Vreemdeling

Die verhaal van Abraham. Dit kos R250 plus koerierkoste, en die eBoek kos R180.

Die Antichris

‘n Eindtydroman. Dit is die derde boek in die eindtyd-trilogie, saam met Soos ‘n engel van die lig en Soos ‘n brullende leeu. Die boek kos R220 plus koerierkoste; die eBoek kos R150.

Soos ‘n brullende leeu

Die tweede in die reeks ná Soos ‘n engel van die lig, Die gedrukte boek is R220 (koerierkoste uitgesluit); die ePub kos R150

Soos ‘n engel van die lig

‘n Verhaal oor die eindtyd, verval en geloofsvertwyfeling. Dit is die eerste boek in ‘n trilogie, saam met Soos ‘n Brullende leeu, en Die Antichris. Die gedrukte boek kos R220 (koerierkoste uitgesluit); die eBoek kos R150.

Jesus/Yeshua

die Messias van God In hierdie roman doen Nikodemus navorsing oor wie Jesus is. Ons beleef saam met hom die laaste week van Jesus se lewe. Ek beveel die boek aan om te lees in die Lydenstyd, Die gedrukte weergawe kos R220 (koerierkoste uitgesluit); die elektroniese weergawe kos R150.

Die Bybelroman / God se storie

Die Bybelroman is verhaal van die Bybel van Genesis tot Openbaring, oorvertel in romanvorm. Dit is in twee volumes verdeel; Genesis tot met Jesus se hemelvaart (Vol 1; 488 pp) en ná hemelvaart tot by Openbaring (Vol 2; 369 pp), so jy sal lekker lees, en sodoende ‘n oorsig oor die hele Bybelse verhaal kry. Saam kos dit R300, en die koerierkoste is R110 ekstra. Die elektroniese weergawe van die boek kos R250. My bankbesonderhede is: Bybelroman FNB Spaar 62727549993 Stuur bewys van inbetaling aan jaco@bybelkoerant.co.za of WhatsApp my by 0845231157 Ek het jou naam en woonadres nodig, asook jou selnommer.

Lea, met die sagte oë

Hierdie is die verhaal van Lea, Jakob se eerste vrou. Sy is ongeliefd, want Jakob het net oë vir haar suster Ragel. Sal sy ooit die plek in Jakob se hart verower waarop sy as eerste vrou geregtig is? Die gedrukte boek is R220 (koerierkoste uitgesluit); die ePub-weergawe kos R150.

Paulus, die dertiende apostel

Paulus is beskikbaar in ePub @ R180. Die gedrukte weergawe kos R250 (koerierkoste uitgesluit).

Lees die Bybel saam met my 1

Bybeldagboek waarin ek die Bybel boek vir boek en hoofstuk vir hoofstuk lees. Hierdie is deel 1. Dit kos R200, koerierkoste uitgesluit. Kontak by my jaco@bybelkoerant.co.za as jy belangstel.

Die Hemelbodes

‘n Roman oor engele in diens van God en die mens Die boek vertel die verhaal van die wêreld, van die skepping tot met die wederkoms, gesien vanuit die perspektief van die engele. Die boek is oorspronklik uitgegee in 1999. Ek het dit nou self laat herdruk. Dit beslaan 291 bladsye en kos R220 plus koerierkoste. Die elektroniese (ePub)-weergawe kos R150. Kontak my by jaco@bybelkoerant.co.za as jy belangstel.

Die Skrifgeleerde

Opvolg op my roman Die Goewerneur. Dit gaan oor die werk van die priester Esra, wat saam met Nehemia ‘n hervorming bewerkstellig het. Gedruk @ R220 (koerierkoste uitgesluit); ePub R150

Die Goewerneur

Hierdie een is een van my gunstelinge, oor Nehemia. Siestog, die stomme goewerneur was taamlik eksentriek en het baie persoonlike uitdagings gehad. Ek het baie van hom gehou. CBSA-toekenning vir Beste Publikasie in die kategorie “Fiksie” (derde plek) Gedruk kos dit R220 (koerierkoste uitgesluit); ePub is R150

Die Skoonheidskoningin (eBoek)

Die verhaal van Ester, hervertel teen ‘n moderne agtergrond. eBoek, R80

Mans uit die Bybel

52 verhale van mans uit die Bybel, met aantekeninge en oordenkingsvrae daarby. 216 bladsye, Gedruk @ R220 plus posgeld.

image_pdfimage_print

Views: 2865