Die brief aan die Kolossense
Hierdie brief het baie ooreenkomste met Paulus se brief aan die Efesiërs, wat die vermoede laat ontstaan dat Paulus dit in dieselfde tyd as sy brief aan Efese geskryf het, moontlik vanuit Rome, waar hy in huisarres was, of dalk uit Sesearea, waar hy lank gevange gehou is.
Paulus het nie self die gemeente in Kolosse gestig nie, maar hy het deur Epafras van hulle gehoor. Die gemeente is aan dwaalleer blootgestel, en hy skryf om dié valse leringe te weerlê en hulle te bemoedig in hulle geloof.

Kolossense, hoofstuk vir hoofstuk
Hoofstuk van die dag: Kolossense 4
 Julle woorde moet altyd van goeie smaak getuig, met sout besprinkel, sodat julle kan weet hoe om ’n ieder en ’n elk te antwoord. (vers 6, 2020 vertaling) Paulus druk hier op ’n baie seer plek in ons moderne samelewing. Om ’n wag voor jou mond te sit, is nie meer die...
Hoofstuk van die dag: Kolossense 3
Aangesien julle saam met Christus uit die dood opgewek is, moet julle strewe na die dinge daarbo waar Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit. (vers 1) Wat Paulus hier skryf, is ingrypend vir jou mens-wees. Jy is op ’n geheimenisvolle manier aan Christus...
Hoofstuk van die dag: Kolossense 2
In Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis deur mensehande nie, maar deur die besnydenis van Christus, waardeur julle sondige bestaan weggeneem is. (vers 11, 2020 vertaling) Hoe raak ons ontslae van die pes van die sonde?Daar ons is kant, en God se kant. Ons...
Hoofstuk van die dag: Kolossense 1
God het ons uit die mag van die duisternis gered, en verplaas na die koninkryk van sy geliefde Seun ... (vers 13, 2020 vertaling) Paulus herinner ons daaraan dat daar ’n groter werklikheid is as die een wat ons met ons eie oë kan sien: God se werklikheid. Dis ’n leuen...
Hoofstuk van die dag: Kolossense (Inleiding)
Kyk gerus na hierdie video vir ’n goeie opsomming van die brief: https://www.youtube.com/watch?v=pXTXlDxQsvc
Hits: 18