In Hom is julle ook besny, nie met die besnydenis deur mensehande nie, maar deur die besnydenis van Christus, waardeur julle sondige bestaan weggeneem is. (vers 11, 2020 vertaling)

Hoe raak ons ontslae van die pes van die sonde?
Daar ons is kant, en God se kant. Ons kant is om Christus Jesus as Here aan te neem (vers 6). Dan ontdek jy dat God sý kant al lank voor jou begin het. Toe ons sondige geaardheid nog nie weggesny is nie, het Hy al met ons begin (vers 13). Hý het die sondige geaardheid uit ons lewens uitgesny deur die doop (vers 12). Verder: ons is in Hom gewortel en ons word in Hom opgebou en versterk in ons geloof (vers 7). Dis óók God se werk. Hy plant ons in Christus in, en Hý bou ons op. Hý vul ons met die volheid van Christus (vers 10).
God doen sý kant. Ons kant is nie net om Hom aan te neem en dan kan ons terugsit nie. Ons moet in Hom bly leef (vers 6b).
In Hom. Deel van Hom. Saam met Hom. Aan Hom vas. Sy passie jou passie; sy wil jou wil; sy liefde jou liefde; sy dood jou dood; sy nuwe lewe jou nuwe lewe …

image_pdfimage_print

Views: 39

Teken in op my artikels

Teken in op my artikels

As jy inteken, kry jy al die artikels in jou epos posbus!

Sukses! Dankie dat jy ingeteken het.