Eie gebede
Dankgebed vir Kersfees
Ons dank U, Jesus Christus, dat U by ons is, al die dae van ons lewe. Dankie dat U by ons is ∙ as ons bly is, om saam met ons te juig∙ as ons vrolik is, om saam met ons te lag∙ as ons hartseer is, om saam met ons te ween∙ as ons gespanne is, om die senuwees te...
GEBED VIR DIE OPSTANDING
Wat ’n wonder, Here Jesus, dat U leef,dat die magte van die dood en die doderyk U nie kon oorweldig nie,dat U opgestaan het,die graf oopgebreek het,nuwe lewe gebring het vir die wêreld, vir ons. Dankie dat ons hoop kan hê,met verwagting kan leef omdat U lewe. Dankie...
GEBED VIR DIE NUWE JAAR
Here ons GodHier aan die begin van die nuwe jaar wil ons geborgenheid en troos by U kom soek. Daar is so baie dinge wat ons nie weet nie, so baie dinge wat vir ons nuut sal wees in die nuwe jaar, dinge wat op ons wag. Dankie dat Ú weet wat dit is, Here. Dankie dat U...
Gebed om vreugde op 3e Advent (Gaudete)
Ons dank U, Here Jesus, dat U gekom het om blydskap vir ons te bring. Ons het dit so nodig in hierdie dae van treurige nuus in die wêreld. Ons bely dat ons ons dikwels só blind staar teen al die slegte nuus wat ons hoor, teen al die slegte dinge wat ons beleef, dat...
Lofgebed aan Jesus
Here Jesus, ons loof en aanbid U! U het u bediening honger begin, tog is U die brood van die lewe.U het u aardse bediening dors geëindig, tog is U die lewende water.U was moeg, tog gee U ons rus.U het belasting betaal, tog is U ons Koning.U is van duiwelbesetenheid...
GEBED BY NAGMAAL
Here GodVoor ons op die tafel is brood en wyn; ’n klein stukkie brood vir elkeen, en skaars ’n slukkie wyn. En tog is dit soveel meer – dit is Uself wat U hier voor ons kom breek en uitgiet. Want dit is nie net brood en wyn nie, dit is u liggaam, u bloed, geoffer vir...
Gebed vir Lydenstyd n.a.v. Joh 12:1-8
O Here, wees ons, sondaars, genadig! Ons wat ook soos Judas so geneig is om sommetjies te maak as ons ons lewe voor U bedink. Ons wat uitreken wat ons gaan kry in ruil vir dit wat ons gee vir U en vir u kerk.Maak ons soos Maria, Here, wat nie vra wat dit ons kos nie....
Adventsgebed
Here onse Here! Ons aanbid U as die God van hemel en aarde: U die Skepper en onderhouer van die ganse heelal, U wat ons van voor die grondlegging van hierdie wêreld af al liefhet en uitgekies het om u kinders te word; U wat u Seun in die volheid van die tyd gestuur...
Gebed vir Heilige Donderdag
Here Jesus, op hierdie heilige aand gaan ons gedagtes terug na daardie aand, soveel jare gelede, toe U die laaste keer met u dissipels die pasga gevier het. Ook hy wat U verraai het, was saam met U aan tafel. Ook hy wat U verloën het, was daar. Ook hulle wat weggevlug...