Description
“As hierdie storieman nie rasende Bybellesers van ons almal maak nie, dan weet ek nie.”
Só skryf die bekende joernalis Rykie van Reenen met die verskyning van Jaco Thom se eerste Bybelkoerant in 1996. Dié knap, vernuwende aanbieding van vertroude Bybelverhale as moderne koerantberigte was so gewild dat Die Tweede Bybelkoerant, asook ’n Engelse vertaling en verskeie herdrukke, flink gevolg het.
Nou het die bekende skrywerpredikant met ’n oog vir ’n storie al die berigte uit die eerste twee Bybelkoerante, plus nog ’n paar nuwes, bygewerk vir die hersiene Die Groot Bybelkoerant.
Die Bybelgeskiedenis word opnuut ontsluit in 188 daaglikse koerante. Vir die leser wat dadelik meer te wete wil kom oor die storie agter die nuus, verskyn teksverwysings onderaan elk van die bykans 500 berigte. Persoonlike aankondigings, advertensies en lesersbriewe herskep die Bybelse leefwêreld, terwyl redaksionele kommentaar die Bybelse boodskap vir die moderne leser ontsluit.
Views: 58






Reviews
There are no reviews yet.