Die Tweede brief van Petrus
Dwaalleer dreig om talle gelowiges van die Evangelie weg te lok. Slegs die ware kennis van God en van Jesus Christus kan hulle daarvan vrywaar. Daarom moet hulle vashou aan dit wat hulle gehoor het van mense wat Jesus persoonlik gesien en gehoor het.
Die Tweede brief van Petrus, hoofstuk vir hoofstuk
Hoofstuk van die dag: 2 Petrus 3
En beskou die geduld wat ons Here met ons het as geleentheid om gered te word. (vers 15) Die Here dink anders oor tyd as ons, sê die Bybel. As daar dan ’n lang tyd al verloop het vandat die Here gesê het dat Hy weer kom, beteken dit nie dat die Here vergeet het van sy...
Hoofstuk van die dag: 2 Petrus 2
Terwyl hy tussen hulle gewoon het, moes hierdie eerbare man dag vir dag soveel van hulle gruweldade aanskou en sulke dinge aanhoor dat dit ’n foltering was vir sy opregte gemoed. (vers 8) Lot bly vir my ’n raaisel. Volgens Petrus was hy ’n gelowige wat gefolter is...
Hoofstuk van die dag: 2 Petrus 1
... geen profesie is ooit deur die wil van ’n mens voortgebring nie. Nee, deur die Heilige Gees meegevoer, het mense die woord wat van God kom, verkondig. (vers 21) Ons bely dat die Bybel ’n geïnspireerde boek is. Die Heilige Gees het mense meegevoer (vers 21). Dis...
Hoofstuk van die dag: Inleiding
Kyk gerus na hierdie kort videotjie om ’n oorsig oor hierdie brief te kry: https://www.youtube.com/watch?v=wWLv_ITyKYc
Hoofstuk van die dag: 2 Petrus 3
Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer. (vers 9) Dis nou al twee duisend jaar sedert Jesus terug is hemel...
Hoofstuk van die dag: 2 Petrus 2
Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle vals leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. (vers 1) Petrus herinner ons in hoofstuk 1 dat dit die Gees se werk is om mense mee...