Description
Maria se lewe word omgedop, die dag toe die engel haar kom besoek. Nooit het sy kon dink dat haap “ja” vir God haar lewe só ingrypend sou verander nie. Dit het ál haar verhoudings beïnvloed, die meeste van alles haar verhouding met God. God was nie meer net God nie; Hy was nou ook haar Seun se Vader. En haar Seun het soms baie vreemd opgetree. Sy het soms nie geweet wat om met Jesus te maak nie. Haar ander kinders het ook gesukkel om vrede te maak met hulle oudste broer. As ma moes sy alles in die stryd werp om haar gesin bymekaar te hou.
Maria moes leer …
• haar eie drome en ideale kan nooit voor God se meesterplan inskuif nie
• haar wonderlike Seun is in baie opsigte ook ‘n vreemde Seun, met ‘n eie roeping
• om God lief te hê, al is Hy baie anders as wat sy gedink het
• dat God nie altyd inpas in háár prentjie van Hom nie.
Eers toe Maria hierdie dinge leer, kon sy vrede met God maak, en haar spesiale plek in sy plan met dankbaarheid aanvaar. Hierin het sy ‘n gelowige vrou geword wat ons elkeen kan navolg.
Views: 107






Reviews
There are no reviews yet.