Filippense

Filippi was die eerste gemeente wat Paulus op die Europese vasteland gestig het. Die ontstaan van die gemeente word in Handelinge 16 vertel.

Paulus het ‘n baie besondere verhouding met dié gemeente gehad, en dit straal uit hierdie brief. Hulle was ook die gemeente by uitstek wat hom in sy bediening ondersteun het.

Filippense, hoofstuk vir hoofstuk

Hoofstuk van die dag: Filippense 4

Die Here is naby. (vers 5) Paulus omraam sy riglyne vir ’n Christelike lewe met die versekering dat God by ons is (vers 5 & 9). Ons weet dit. Maar dis nie noodwendig ons ervaring nie. Daarvoor is nodig dat jy jou doelbewus moet instel op sy teenwoordigheid (vgl Ps...

read more

Hoofstuk van die dag: Filippense 3

Al wat ek wens, is om Christus te ken ... (vers 10) Ek wonder oor hierdie uitspraak van Paulus, en of ons hom dit kan na-sê. Want dan mag ons fokus niks anders wees nie as net Christus: om Hom beter te ken, om met groter toewyding vir Hom te leef en te volg. Vir...

read more

Hoofstuk van die dag: Filippense 2

Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer. (vers 12-13) Soos Jesus (vers 5)! Ons moet soos Jesus word, en die Christus-himne (vers 5-11) spel dit uit – hoe...

read more

Hoofstuk van die dag: Filippense 1

Ek wil hê julle moet weet, broers, dat wat my oorgekom het, juis die verkondiging van die evangelie bevorder het. (vers 12) Paulus skryf hierdie brief vanuit die tronk, en tog staan dié brief bekend as Paulus se vreugdesbrief. Dit borrel oor van blydskap, en hy roep...

read more

Hits: 24

Volg en laaik my asb: