1 Johannes
Die brief is laat in die eerste eeu n.C. geskryf, volgens oorlewering deur die apostel Johannes vanuit Efese.
Hy waarsku veral teen die dwaling wat destyds ontstaan het dat Jesus nie werklik liggaamlik mens geword het nie.
Die tema van die brief is: Deur ons geloof in Jesus Christus, die Seun van God, het ons die ewige lewe.

1 Johannes
Hoofstuk van die dag: 1 Johannes 5
Daar is dus drie wat getuig: die Gees en die water en die bloed, en die drie se getuienis stem ooreen. (vers 7-8) Johannes het hierdie brief begin deur te wys op sy betroubaarheid as ooggetuie (1 Joh 1:1-3). Aan die einde van sy brief kom hy terug na dié tema. Die...
Hoofstuk van die dag: 1 Johannes 4
En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichris, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is. (vers 3) Daar is toenemend ontsteltenis in die kerk oor teoloë...
Hoofstuk van die dag: 1 Johannes 3
Elkeen wat in Hom bly, sondig nie meer nie; elkeen wat aanhou sondig, het Hom nie gesien, en Hom nie leer ken nie. (vers 6, 2020-vertaling) Ons weet dat ons daarna moet strewe om so min sonde moontlik te doen. Maar Johannes is nie daarmee geneë nie. As jy sondig, het...
Hoofstuk van die dag: 1 Johannes 2
As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. (vers 3) As iemand jou vra hoe jy weet jy is ’n kind van die Here, kan daar baie antwoorde wees. “Jesus loves me, this I know, for the Bible tells me so,” het ons as kinders gesing. Die Bybel sê...
Hoofstuk van die dag: 1 Johannes 1
Van die begin af was Hy daar. Ons het Hom self gehoor; ons het Hom met ons eie oë gesien; ja, ons het Hom gesien en met ons hande aan Hom geraak. Hy is die Woord, die Lewe. (vers 1) Johannes begin sy brief met ’n bekendstelling: hy was een van die bevoorregtes wat die...
Hits: 49