En elkeen wat dit nie van Jesus bely nie, het nie die Gees wat van God afkomstig is nie. Hy het die gees van die antichris, die gees van wie julle gehoor het dat hy kom en wat nou reeds in die wêreld is. (vers 3)
Daar is toenemend ontsteltenis in die kerk oor teoloë wat Jesus se maagdelike geboorte en sy liggaamlike opstanding ontken. ’n Mens wonder hoe iemand wat opgelei is as predikant of ’n dosent aan ’n teologiese fakulteit is, so kan dink.
Johannes gee vir ons die antwoord: dié mense is vals profete en word nie in hulle standpunte en uitsprake gelei deur die Gees van God nie. Hulle het die gees van die antichris en staan dus direk teen Christus. Hulle is voorlopers van die Antichris wat aan die kom is om die kerk te vervolg en te probeer vernietig. Daarmee het hulle deel van die duiwel se span geword.
Dat hierdie mense die kerk baie skade berokken, is gewis, en ’n mens kan jou met reg daaroor ontstel. Ons hoef ons egter nie aan hulle te steur nie. Niks wat hulle sê, kan maak dat Jesus nie die Seun van God is nie. Uiteindelik sal God self vir sy eer veg.
Views: 23