2 Korintiërs
Daar is spanning in die verhouding tussen Paulus en sy eertydse gemeente. Charismatiese leiers het die gemeente oorgeneem en Paulus se gesag as apostel bevraagteken, en ook sy opregtheid toe hy geskryf het dat hy hulle weer wil besoek.
In sy brief verdedig Paulus sy gesag as apostel. Later in die brief blyk dit dat die spanning tussen hom en die gemeente opgelos is.
2 Korintiërs, hoofstuk vir hoofstuk
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 13
… wanneer ek kom, wil ek nie met die gesag wat die Here aan my gegee het, streng teen julle optree nie. Met dié gesag moet ek opbou, nie afbreek nie. (2 Kor 13:10) Paulus skryf in 11:2 dat dit sy taak is om te sorg dat die gemeente as bruid vlekkeloos sal wees vir...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 12
Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my ’n doring in die vlees gegee, ’n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan. (2 Kor 12:7) Die doring in Paulus se vlees is een van die mees besproke en gedebatteerde temas in die Nuwe Testament.Daar is...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 11
Julle verdra dit as iemand julle soos slawe behandel, as iemand julle uitbuit, as iemand julle bedrieg, as iemand julle uit die hoogte behandel, as iemand julle in die gesig klap. (2 Kor 11:20) Wat Paulus ontstel het, is dat die sg. apostels die gemeente uitgebuit het...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 10
Julle kyk net na een kant van die saak. As iemand dan so vas oortuig is dat hy aan Christus behoort, moet hy onthou: ons behoort net soos hy ook aan Christus. (2 Kor 10:7) Menige meningsverskil het al ontstaan omdat mense ’n saak beskou en beredeneer slegs vanuit...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 9
Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief. (2 Kor 9:7) ’n Diaken vertel dat hy op sy besoeke om dankoffers in te samel, by ’n lidmaat gekom het wat glad nie lus was vir hom nie. Hy...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 8
Op hierdie manier voorkom ons dat enigiemand ons dalk sou verdink in verband met so ’n groot som geld wat ons moet wegbring. (2 Kor 8:20) Paulus was nie net ’n groot apostel nie. Hy het ook prakties gedink oor die lewe en oor hoe ander sy optrede sou beoordeel. Daarom...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 7
Al het ek julle ook deur my brief hartseer gemaak, is ek nou nie daaroor jammer nie. (2 Kor 7:8) In 2 Kor 2:4 verwys Paulus ook na hierdie brief wat hy “met groot bekommernis en beklemming van hart, en onder baie trane,” aan die Korintiërs geskryf het. Die brief het...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 6
… in alles laat ons ons ken as dienaars van God. Dit doen ons met baie geduld in verdrukking, ontbering en nood. (2 Kor 6:4) Vir baie mense vandag is spanning, konflik en lyding deel van hulle bestaan. En dan is daar mense wat sê dat hierdie sal verdwyn as jy opreg in...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 5
Daarom, as iemand in Christus is, is hy ’n nuwe skepping. Die ou dinge het verbygegaan – kyk, hulle het nuut geword. (2 Kor 5:17 AFR2020) Die hartseer van die lewe is dat ’n mens ontgogel word, en niks nuuts jou meer opgewonde maak nie. Jy het dit al beleef, soos die...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 4
Om hierdie rede word ons nie moedeloos nie. Al is ons uiterlik besig om te vergaan, innerlik word ons van dag tot dag vernuwe. (2 Kor 4:16) In my werk as predikant het ek oor jare baie ouer lidmate leer ken. Daar was natuurlik die knorriges onder hulle wat oor alles...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 3
Julle is self ons aanbevelingsbrief, geskryf op ons harte, vir almal om te lees en te verstaan. (2 Kor 3:2) Paulus is hier besig om sy apostelskap te verdedig teenoor hulle wat ná hom in die stad aangekom het met aanbevelingsbriewe uit hulle vorige werkkring (vers 1)....
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 2
Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, waarvan die geur dié bereik wat gered word, sowel as dié wat verlore gaan. (2 Kor 2:15) As Paulus praat van die triomftog van Christus waaraan ons deel het (vers 14), kan ’n mens maklik die idee kry dat dit ’n...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 1
In elke moeilikheid bemoedig Hy ons. Daarom kan ons weer ander bemoedig wat in allerlei moeilikhede verkeer. Ons kan hulle bemoedig met dieselfde bemoediging waarmee God ons bemoedig … (2 Kor 1:4) Wat maak ’n mens as jy in ’n krisis kom? Die maklikste is natuurlik om...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs Inleiding
Hierdie video sal jou help om ’n goeie oorsig oor die brief te kry: https://www.youtube.com/watch?v=3lfPK2vfC54
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 13
Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. (vers 13) Ons ken hierdie woorde baie goed. Dit word baie gereeld gebruik as die seën aan die einde van ’n erediens uitgespreek word, en met...
Hoofstuk van die dag: 2 Korintiërs 12
Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word. Sy antwoord was: “My genade is vir jou genoeg. My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is.” (vers 8-9) In hierdie wêreld is krag en mag alles – die fisieke krag van atlete, die...
Views: 280