Die genade van die Here Jesus Christus en die liefde van God en die gemeenskap van die Heilige Gees sal by julle almal wees. (vers 13)
Ons ken hierdie woorde baie goed. Dit word baie gereeld gebruik as die seĆ«n aan die einde van ān erediens uitgespreek word, en met rede: dit is die mees omvattende seĆ«n van almal in die briewe. God Drie-enig, in al sy volheid, word hier aan die gemeente in Korinte, en ook steeds aan ons, toegebid. Jy kan dit vir jou vat.
Iemand het gesĆŖ as ons oor God praat, kan ons dit nie in een woord sĆŖ nie, want God is Vader, Seun en Gees. Jy moet dit in drie woorde sĆŖ, soos Paulus dit hier doen. Die seĆ«nende, blywende teenwoordigheid kom in drie gestaltes na ons: in die genade wat die Here Jesus Christus vir ons gekoop het aan die kruis; in die liefde wat die Vader vir ons het, en in die gemeenskapstigtende werk van die Gees, wat ons nie net aan God bind nie, maar ook aan mekaar.
Ons is geneig om een van die drie Persone uit te sonder. Meestal is ons Jesus-mense. Maar onthou dat die Vader en die Gees ook by jou is. Dit is die evangelie.
Naskrif:
Ons begin mƓre met die boek Jesaja, wat ook al die Evangelie van die Ou Testament genoem is. Mag dit vir jou goeie nuus wees, en tot seƫn.