Hooglied

Hooglied is ‘n versameling liefdesgedigte. Dit besing die liefde tussen ‘n man en vrou. Dit het deel van die Bybel geword omdat liefde deel is van die lewe en deel van die gawes wat God aan ons gee.

Pogings om die boek te vergeestelik, as sou dit eintlik gaan oor Christus se liefde vir sy bruid, die kerk, is m.i. nie oortuigend nie.

 

Hooglied, hoofstuk vir hoofstuk

Hoofstuk van die dag: Hooglied 8

Al wil iemand vir die liefde al die rykdom in sy huis betaal, hy sal daaroor uitgelag word. (vers 7b) Ware liefde kan nie gekoop word nie. Ja, seks kan gekoop word, maar dis nie ware liefde nie. Dis siek en pervers. Ware liefde is dié tussen een man en een vrou wat in...

read more

Hoofstuk van die dag: Hooglied 7

Ek behoort aan die man wat ek liefhet en dit is na my dat hy smag. (vers 10) In hierdie lied besing die man weer sy geliefde se skoonheid en begeerlikheid met beelde wat ons nie almal ewe goed verstaan nie, en tog is die bedoeling baie duidelik. Sy bewondering is...

read more

Hoofstuk van die dag: Hooglied 6

Daar is sestig koninginne, tagtig byvroue, jong vroue sonder tal, maar sy, my duif, my volmaakte, is enig... (vers 8-9) Daar is baie aantreklike en selfs begeerlike mense in die wêreld. Onder hulle sal daar sekerlik ook dié wees met wie jy ’n verhouding kon aangaan....

read more

Hoofstuk van die dag: Hooglied 5

Toe sê ek: ‘Ek het al uitgetrek, hoekom moet ek weer aantrek? Ek het my voete al gewas, hoekom moet ek hulle weer laat vuil word?’ (vers 3) Vers 2-7 is ’n droom wat begin met opgewonde afwagting, maar dan in ’n nagmerrie ontaard. Iets het verskriklik skeefgeloop, en...

read more

Hoofstuk van die dag: Hooglied 4

My beminde bruid is ’n tuin wat toegemaak is, ’n tuin met ’n muur om, ’n fontein wat afgekamp is. (vers 12) Hoogl 3:6-11 beskryf ’n huweliksprosessie en -seremonie, en in hoofstuk 4 besing die man sy bruid se lieflikhede en haar begeerlikheid. Sy is vir hom pragtig,...

read more

Hoofstuk van die dag: Hooglied 3

Op my bed in die nag het ek gesoek na hom wat ek liefhet; ek het hom gesoek en hom nie gekry nie. (vers 1) Na alle waarskynlik vertel vers 1-5 van ’n droom wat die meisie gehad het. Dis soos ’n nagmerrie waarin sy oral na haar geliefde soek, maar hom nie kry nie....

read more

Hoofstuk van die dag: Hooglied 2

My duif in die klipskeure, in die skuilplek teen die krans, wys my jou gesig, laat hoor my jou stem. (vers 14a) Ek lees iemand sê as ’n mens na die huwelike in die algemeen kyk, moet ons sê daar is baie mense wat getroud is, maar daar is nie baie wat ’n huwelik het...

read more

Hoofstuk van die dag: Hooglied 1

Hy: “O, hoe mooi is jy, my liefling, hoe mooi is jy!”Sy: “O, hoe mooi is jy, my liefste, en aantreklik!” (vers 15-16, 2020-vertaling) Hooglied is nie ’n boek wat Christus se liefde vir die kerk (en andersom) uitbeeld nie, hoewel dit in die verlede dikwels so verklaar...

read more
image_pdfimage_print